Neem ‘n sak­kie slaap­sand met va­kan­sie

Dit is ’n groot uit­da­ging om ba­ba op ’n vreem­de plek te laat slaap – en om haar weer te­rug in haar slaap­roe­ti­ne te kry wan­neer die blaas­kans ver­by is. Be­plan­ning kan ver­se­ker dat al­mal dié va­kan­sie ge­noeg rus in­kry.

Baba & Kleuter - - INHOUD - DEUR SHANDA LUYT

Hoe maak jy as die va­kan­sie jou kind se slaap­roe­ti­ne om­ver­gooi? Ba­bas se nor­ma­le roe­ti­ne word dik­wels deur­me­kaar­ge­krap as dit va­kan­sie is of ’n mens van die huis af weg­gaan, sê Jen­ny Per­kel, ’n Kaap­stad­se siel­kun­di­ge en skry­wer van Ba­bies in Mind ( Ju­ta).

“E­ni­ge ver­an­de­ring het ’n in­vloed op ba­bas en as ’n mens van die huis af weg is, kan dit hul­le on­se­ker en on­rus­tig laat voel. Om vei­lig te voel, het hul­le dan hul ou­ers no­dig.”

As ’n ba­ba in die mid­del van die nag in ’n vreem­de om­ge­wing wak­ker word, kan sy groot skrik en het sy waar­skyn­lik haar ou­ers se ver­troos­ting no­dig. Be­rei jou dus maar voor op meer slaap­on­der­bre­kings en wees ef­fens buig­saam so­dat jou ba­ba op haar eie ma­nier by die ver­an­de­ring kan aan­pas. Sy sal dalk in die­self­de ka­mer as jy wil slaap of jou an­ders ’n paar keer in die nag wil sien. Sy kan meer bors­voe­dings of bot­tels vra of haar fop­speen meer ge­reeld wil hê.

ROE­TI­NE BLY BAAS

Die eint­li­ke va­kan­sie-slaap­pro­bleem is nie die ba­ba of kind nie, maar die ou­ers wat húl roe­ti­ne ver­an­der, sê Ann Ri­chard­son, ou­e­r­af­rig­ter en me­de­skry­wer van Slaap

kind­jie, slaap (Metz Press). “Ui­ter­aard is ’n va­kan­sie­roe­ti­ne an­ders. Die ou­ers is heel­dag daar en die ge­sin bring dalk meer tyd bui­te of in mo­tors deur. Dik­wels vlieg ’n ge­ba­lan­seer­de di­eet ook by die ven­ster uit om­dat ’n mens meer ont­span­ne is oor wat jou kind eet en jy mak­li­ke, vin­ni­ge maal­tye kies, as­ook weg­neem­e­tes, re­stau­rant­kos en ho­pe lek­ker­goed. Kin­ders is ge­voe­lig vir dié soort ver­an­de­ring en dit kan hul­le moei­lik maak.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.