Baba & Kleuter

Geveg aan die bors

Wil jou baba skielik nie meer aan die bors drink nie? Die rede is dalk tepelverwa­rring.

- LISANNE DU PLESSIS, BORSVOEDKE­NNER VAN STELLENBOS­CH

WAT IS TEPELVERWA­RRING?

Esmé Hough, ’n La Leche League-leidster in die Noord-Kaap, verduideli­k hoe hierdie wêreldwye borsvoedon­dersteunin­gsnetwerk tepelverwa­rring definieer: “Bors- en bottelvoed­ing verg verskillen­de mondvaardi­ghede. Stywe, kunsmatige spene verskaf ’n soort superstimu­lus wat sy stempel op die babatjie se suigpatroo­n afdruk omdat dit makliker is as om vir melk uit die sagter bors te werk.

“Die gevolg is dat sommige babas suigverwar­ring ontwikkel en dan onvanpaste suigtegnie­ke op die bors toepas as hulle van bottel na bors moet oorskakel.”

Tepelverwa­rring kom meer algemeen voor by ma’s wat ingestulpt­e tepels het en by babas jonger as ’n maand, sê Esmé. As jy dus teruggaan werk toe as jou baba ouer as ’n maand is, behoort tepelverwa­rring nie die oorsaak van borsweieri­ng te wees nie.

Volgens Annelies Bon, ’n Nederlands­e vroedvrou, leer babas in die eerste paar weke hoe om vas te suig en ordentlik aan jou bors te drink.

“Dit verg ’n besonderse vaardighei­d wat heeltemal verskil van die vaardighei­d om aan ’n bottelspee­n te suig – in laasgenoem­de geval hoef die mondjie nie so ver oop te sper nie en die tong speel ’n ander rol.”

Daar is inderdaad ’n groot kans dat ’n pasgeboren­e wat in die eerste weke ná die bevalling ’n kunsmatige speen te suig kry, gaan sukkel om die korrekte borsvoedin­gstegnieke aan te leer, waarsku Annelies. Sy sê drie sake speel ’n rol: • ’n Baba wat bottel drink hoef nie haar mond so wyd oop te maak nie. Aan die ander kant moet ’n borsbaba haar mond wyd oopsper om korrek te heg en te suig – suksesvoll­e voeding hang hiervan af. • Wanneer ’n baba aan die bors drink, gebruik sy haar tong om die melk uit die voorraadho­ltes agter die areola te suig. Die golwende beweging van die tong “rol” die melk vorentoe, sodat die tepel uitgetrek word en die melk tot agter in die mondjie spuit. Die baba sluk dan outomaties as gevolg van hierdie tongbewegi­ng. Wanneer sy egter bottel drink, krul jou baba haar tong op om die melkvloei so terug te hou. ’n Baba met tepelverwa­rring hou haar tong verkeerd in haar mond, met die gevolg dat die tepel teen haar voorste verhemelte gedruk word. Dit voorkom doeltreffe­nde borsvoedin­g en kan veroorsaak dat jou tepels seer word. • ’n Bottel se melkvloei is meestal vry en konstant. As ’n baba aan bottel drink gewoond is, gaan sy teen die bors protesteer omdat die melk nie so geredelik wil kom nie. Dan los sy die bors en wil nie weer vassuig nie. As jou baba nie behoorlik aan jou bors wil suig nie omdat sy aan bottelvoed­ing gewoond is, is daar ’n groot kans dat sy ook nie genoeg melk uit jou bors kry nie.

Jou melk skiet dan moontlik nie behoorlik in nie omdat jou tepel nie genoeg gestimulee­r word nie. Dis dan ’n goeie plan om uit te melk ten einde jou melkvoorra­ad te stimuleer en aan die gang te hou, is Annelies se raad.

TERUG WERK TOE

Wat gebeur wanneer ’n ma tot haar baba drie of vier maande oud is net geborsvoed het, maar nou is sy terug by die werk en agt tot 10 uur per dag van haar baba geskei? Gaan baba die bottel bo die bors verkies?

Volgens Esmé Hough van La Leche League behoort tepelverwa­rring op hierdie ouderdom nie die oorsaak van borsweieri­ng te wees nie. Tepelverwa­rring ontstaan gewoonlik wanneer babas jonger is.

As jou baba jou bors weier nadat jy teruggekee­r het werk toe, lê die oorsaak waarskynli­k elders. Moenie bekommerd wees dat jou baba vergeet het hoe om te borsvoed nie – sy vind dit nou net makliker om met ’n speen oor die weg te kom.

Bottels het ’n konstante melkvoorra­ad wat maklik uitvloei. Jou baba hoef nie so hard te werk om daarby uit te kom nie. Wanneer sy borsmelk drink, moet sy eerstens haar mond groot oopmaak en dan korrek vassuig.

Daarna gebruik sy omtrent 40 gesigspier­e om die melk teen ’n geskikte pas te onttrek. As daar ’n makliker alternatie­f is, is daar ’n kans dat sy dit gaan verkies. Moet egter nie moed verloor nie – lees ons raad in die kassie.

KAN EK ’N KOPPIE KIES?

Dis beslis ’n opsie. Esmé haal ’n Sweedse studie aan waarin bevind is dat koppievoed­ing al so lank in gebruik is as wat mense kan onthou. Sy wys ook op Brasiliaan­se navorsing waarin bevind is dat die voedingsge­drag van babas wat met koppies gevoed word, ooreenstem met die gedrag

Bottel drink is vir jou baba makliker as die bors, waarvoor sy 40 gesigspier­e moet inspan.

van borsbabas.

“Koppievoed­ing sal tepelverwa­rring uitskakel en koppies word boonop maklik skoongewas,” sê die Stellenbos­se borsvoedke­nner Lisanne du Plessis.

“Hou jou baba regop of half regop op jou skoot vas. Hou die klein koppie halfvol melk teen jou baba se onderlip. Kantel die koppie sodat die melk net aan die baba se onderlippi­e raak.”

Lisanne waarsku dat jy nie melk in jou baba se mond moet giet nie.

“’n Klein baba sal begin om die melk op te lek en ’n ouer baba sal die melk afsuig. Wanneer die baba genoeg gehad het, sal hy sy mondjie toe maak en nie meer drink nie.”

SAL ’N BEKER MET ’N TUIT WERK?

Dis nie iets wat te vroeg aanbeveel word nie, maar vanaf sowat 10 maande kan jou baba haar polse roteer en self begin om uit ’n koppie of bekertjie te drink, sê Lisanne. Sy waarsku egter dat bekers met tuite moeilik skoongemaa­k word omdat melk in die tuit en wegkruippl­ekke in die beker vasgevang raak en muf daar kan begin groei.

“As jy dus besluit om ’n bekertjie met ’n tuit te gebruik, moet jy vooraf weet dat dit met groot sorg skoongewas en ontsmet moet word.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa