Na­el­string­sorg

Baba & Kleuter - - INHOUD -

Ter­wyl jy swan­ger is, verskaf die na­el­string voe­ding­stow­we en suur­stof aan jou ont­wik­ke­len­de ba­ba. Dit is die nood­lyn tus­sen haar lig­gaam en die pla­sen­ta.

Maar as jou ba­ba eers ge­bo­re is, het sy nie meer haar na­el­string no­dig nie en word dit kort ná die ge­boor­te na­by haar na­el­tjie af­ge­sny. Voor hy dit ge­sny het, het die dok­ter dit op twee plek­ke vas­ge­klamp om bloe­ding tot die mi­ni­mum te be­perk. Die klamp word vir een of twee dae net so ge­laat tot die string ver­droog het.

Nie jy óf jou ba­ba sal e­ni­ge pyn voel wan­neer die na­el­string ge­knip word nie om­dat dit geen se­nu­wee­pun­te het nie. Die stom­pie wat oor­bly, is ’n deel van die na­el­string wat ná ’n ruk uit­droog en af­val en ba­ba se na­el­tjie ag­ter­laat.

Dit is wel nood­saak­lik dat jy die stom­pie van jou ba­ba se na­el­string deeg­lik ver­sorg tot dit bin­ne so­wat 10 dae af­val. VER­SOR­GING VAN DIE STOM­PIE

Die kleur van jou ba­ba se na­el­string sal ver­an­der – van geel­groen na bruin en dan swart voor dit ein­de­lik af­val. Tot dit ge­beur, moet jy die vol­gen­de doen:

#1 HOU DIE STOM­PIE DROOG

Stel die stom­pie aan lug bloot wan­neer jy kan. As dit warm is kan jou ba­ba net ’n doek en T-hemp dra om lug­sir­ku­la­sie om die stom­pie aan te moe­dig. Vou die bo­kant van jou ba­ba se doek aan die voor­kant te­rug so­dat dit nie teen die stom­pie skuur nie, en die stom­pie aan lug en nie u­rien nie bloot­ge­stel is.

#2 HOU DIE STOM­PIE SKOON

Die stom­pie van die na­el­string sal gou ge­nees as jy dit uit­los. As dit eg­ter vuil of taai word, kan jy ’n plui­sie wat­te in ont­smet­tingsal­ko­hol doop (ont­hou om die oor­tol­li­ge vloei­stof uit te druk) en dit skoon­vee. Her­haal met nog ’n stuk­kie wat­te, maar vee hier­die keer on­der die stom­pie skoon.

#3 WAS NÉT BOUDJIES EN BO­KANT

Pro­beer om jou ba­ba in dié tyd nie ten vol­le te bad nie. Hou by ’n spons­bad.

#4 LAAT DIE STOM­PIE SELF AF­VAL

Moe­nie aan jou ba­ba se stom­pie trek nie, selfs al hang dit net aan ’n draad­jie. Dit sal self af­val en wan­neer dit ge­beur, het sy na­el­tjie dalk nog nie heel­te­mal ge­nees nie. Dit kan dalk ’n dag of wat ef­fens bloei en teer wees. Soms bly ’n paar stuk­kies knoet­se­ri­ge weef­sel ag­ter na­dat die na­el­string af­ge­val het. Dit kan met­ter­tyd ver­dwyn, maar moet moont­lik deur ’n dok­ter be­han­del word.

HOU DOP

Die bie­tjie droë bloed by die stom­pie is nor­maal, maar kon­tak jou ba­ba se dok­ter as: • Jou ba­ba koor­sig raak; • Daar bloe­ding aan die punt van die na­el

string of die deel na­by die vel is; • Geel sug uit die stom­pie sy­pel; • Die deel om die na­el­tjie swel of

rooi word; • Die deel om die na­el­tjie pyn­lik is; • Die stom­pie teen 14 dae nog baie vas is of teen vier we­ke nie af­ge­val het nie. Die S­tel­len­bos­se pe­di­a­ter dr. Ber­nard Lin­de sê dit kan in som­mi­ge ge­val­le op im­muun­stel­sel- af­wy­kings dui.

Dis glad nie so moei­lik om die stomp-oor­blyf­sel van jou ba­ba se na­el­string te ver­sorg as wat jy dalk dink nie. Dit is wel be­lang­rik. Doen dit só. DEUR LIBBIE JOU­BERT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.