MY EER­STE KERS­FEES AS MA

Baba & Kleuter - - REDAKTEURSBRIEF -

NIKKI RÜTTIMANN UIT­GE­WER

Ek sal die op­win­ding van ons eer­ste Kers­fees nooit ver­geet nie. My seuns se op­ge­won­den­heid, en na­tuur­lik al­mal an­ders s’n. En die lek­ker­ste van al­les is dat die op­win­ding na al die ja­re nog steeds met el­ke Kers­fees heers. Die kin­ders word jaar na jaar met Kers­og­gend nog lank voor die son op is wak­ker! Ek voeI steeds net so ge­se­ën soos daar­die eer­ste Kers­fees – om my kin­ders as ge­sken­ke te kan er­vaar.

YO­LAN­DI JOR­DAAN AS­SIS­TENT- RE­DAK­TEUR

Ek, my man A­dri­aan en Ma­thil­de het ons eer­ste Kers­fees in die kraam­saal deur­ge­bring. Ma­thil­de is op Ou­kers­aand láát ge­bo­re en was maar ’n paar uur oud en baie nuut op Kers­dag. Die kom­buis­per­so­neel het deur die hos­pi­taal ge­loop om lek­ker­nye vir al­mal in die hos­pi­taal­sa­le te neem en hul­le het ook vro­li­ke Kers­lied­jies ge­sing. Dit het daar­die Kers­fees heel­dag ge­re­ën en ek ont­hou hoe ge­luk­kig en vol­maak my le­we op daar­die dag ge­voel het.

ELAINE S­CHOE­MAN LEEFSTYLREDAK TEUR

Ek ont­hou ons was by die see saam my skoon­fa­mi­lie – by die Suid­kus ie­wers. My seun­tjie was ses maan­de oud en was mal oor die see, maar gril­le­rig vir die sand. Daar was ho­pe Kers­ge­sken­ke vir hom, as­ook ’n Kers­boom wat ons al die pad van­af Gau­teng saam­ge­ry het. Ek dink ons as ou­ers en die groot­ou­ers was meer op­ge­won­de oor sy eer­ste Kers­fees as wat dit e­nig­sins aan hom saak ge­maak het.

MAPHUTI MONGATANE K ANTOORBESTUURDER

Ek en my ba­ba het bei­de tuis ge­bly met die eer­ste Kers­fees ná haar ge­boor­te. Sy was maar drie maan­de oud en ons moes uit­mis op die fa­mi­lie­saam­trek wat el­ke Kers­fees plaas­vind. Vol­gens tra­di­sie kan ’n ba­ba eers van­af ses maan­de ou­der­dom aan uit­ge­brei­de fa­mi­lie­le­de en an­der men­se bloot­ge­stel word. Ek het haar tuis in my arms vas­ge­hou, ter­wyl ek Kers­lied­jies ge­speel het. Sy het be­gin skreeu as ek pro­beer saam­sing het!

C­HAR­NÉ CASEY KUNSREDAKTEUR

Met die eer­ste Kers­fees wat ek ma ge­word het, het my swa­er soos Kers­va­der aan­ge­trek. Toe hy met ’n sak vol ge­sken­ke so ewe ‘ho- ho- ho’ by die trap­pe af­ge­stap kom, het die kin­ders só groot ge­skrik dat Kers­va­der net daar moes om­draai en die trap­pe weer uit­klim na bo... Ons het daar­na eer­der om die blok gaan stap, net om toe ons te­rug­kom, die ge­sken­ke on­der die boom te ont­dek. Kers­va­der was nê­rens te sien nie!

ZOË S­MITH AD­VER­TEN­SIE- EN BEMARKINGSBESTUURDER

Kerf­sees was nie so­veel pret toe ek ou­er word nie... Tot Hank se eer­ste Ker­fees en ek ’n nu­we ma was. Dít het ge­sorg dat ek met en­toe­si­as­me na hier­die spe­si­a­le dag kyk. Ek het stow­we­ri­ge ver­sie­rings uit­ge­pak en die hoe­veel­heid pre­sen­te on­der die boom het toe­ge­neem se­dert die vo­ri­ge jaar – mis­kien twee vir my en te veel om te tel vir Hank! Soos ek op Ou­kers­aand na die Kers­lig­gies ge­staar het, het ek be­sef om al­les vir ie­mand an­ders op te of­fer, die wa­re be­te­ke­nis van Kers­fees is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.