MA EN MATRASSIES

Baba & Kleuter - - PRAAT SAAM - LI­A­NA S­CHÖN­BORN, P­RE­TO­RIA, GAU­TENG ●

Die hoof van ons huis pak ’n nu­we pro­jek aan wat ver­eis dat hy nag­skof werk. Ek is dank­baar vir die werk ná ’n lang droog­te, maar ge­span­ne oor hoe op aar­de ons die ske­du­les gaan laat uit­werk. Die drie kin­ders dink my twee­stryd is om­dat ek al­leen moet slaap en voor ek weet, word die ma­tras­se flink na ons ka­mer ge­dra. Na­we­ke werk die hoof ge­du­ren­de die dag, maar die ma­tras­se bly. Ons skimp dat hul­le na hul eie nes­sies te­rug­keer, maar ver­niet. Nou die aand is my e­mo­si­o­ne­le ten­kie dol­leeg en die in­tro­vert in my het ruim­te drin­gend no­dig. Ek kan nie lan­ger in ’n tou staan om tan­de te bor­sel, oor twee ma­tras­se val om by die toi­let uit te kom en wag dat die oud­ste klaar lees voor ek die lig mag af­sit nie. Toe al­mal, die hoof in­ge­sluit, tot rus­te kom en die lig af is, hoor ek die har­de fluis­ter­stem van K­lein­man: “Pap­pa, kan ek bad?” Hy wou vroe­ër niks van bad weet nie, en nou ... Nou wil hy bad. Son­der e­ni­ge om­haal van woor­de ver­tel ek hul­le hoe el­ke ma­tras mô­re by my ka­mer­deur gaan uit­vlieg. Toe ons die og­gend wak­ker word en kof­fie in die bed ge­niet, met ons oë op drie sla­pen­de ly­fies, fluis­ter die hoof: “Ag skat, moe­nie die matrassies weg­vat nie, ons weet nie vir hoe lank hul­le nog so by ons sal wil slaap nie, net­nou is ons een­dag s­pyt.” Toe ek la­ter die og­gend weer oor twee ma­tras­se strom­pel, weet ek hy was reg. Tal­le din­ge wat op ’n be­paal­de tyd vir ons ’n er­ger­nis was, is juis die din­ge wat ons mis en s­pyt is ons het nie toe waar­deer nie. Ek maak el­ke ma­tras­sie op en g­lip ’n blok­kie sjo­ko­la­de on­der die kus­sings in. Ma­tras­sie­dae gaan ver­by; ek kan dit net so wel on­ver­geet­lik maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.