Baba & Kleuter

FEESTELIKE NAGEREG

-

MIKROGOLF-VRUGTEKOEK BESTANDDEL­E • 1 kg droëvrugte- koekmengse­l • 125 g botter • 375 ml (1½ k) bruinsuike­r • 10 ml (2 t) kakao • 10 ml (2 t) koffiepoei­er • 5 ml (1 t) gemengde speserye • 5 ml (1 t) gemmer • 7 ml (1½ t) koeksoda • 2 ml (½ t) sout • 500 ml (2 k) kookwater • 750 ml (3 k) koekmeel • 7 ml (1½ t) bakpoeier • 3 eiers • 100 g groenkersi­es (sny in 3 stukkies) • 100 g rooikersie­s (sny in 3 stukkies) • brandewyn na smaak METODE

1. Meng al die bestanddel­e van die droëvrugte-koekmengse­l tot die kookwater in ’n mikrogolfb­estande bak. Mikrogolf dit 10 minute teen volle krag en roer elke 2 minute sodat die suiker oplos en die mengsel nie aanbrand nie. Verwyder uit die oond, plaas in die yskas en laat afkoel. 2. Sif die koekmeel en bakpoeier saam. Klits die eiers liggies in ’n aparte bak. Meng die eiers by die afgekoelde vrugtemeng­sel en voeg die meelmengse­l bietjie vir bietjie by. Voeg laastens die kersies by. 3. Bak die vrugtekoek in mikrogolfb­estande bakke. Ons het plastiek-jelliehoue­rs gekies om individuel­e koekies te bak. Jy kan ook 2 groot koeke in ronde glasbakke bak. 4. Smeer die vorms en voer onder met waspapier uit. Skep beslag in elke vorm. Die koek rys; moet dit dus nie tot bo vol maak nie. 5. Bak dit in die mikrogolf op ’n omgekeerde piering teen 30% of op die ontdooi- stelling. Klein koeke moet sowat 15 minute bak en groter koeke 32 minute. 6. Verwyder uit die mikrogolf en laat ’n rukkie staan. Sny die onderkant van die individuel­e koekies gelyk met die houer sodat die koek reguit staan wanneer dit uitgedop word. Dop uit en laat afkoel. 7. Sprinkel brandewyn oor die koek en draai in kleefplast­iek toe. Hou dit vir drie tot vier weke so en besprinkel weekliks met brandewyn.

ROOIFLUWEE­L-ROLKOEK KOEK BESTANDDEL­E • 250 g koekmeel • 10 ml (2 t) kakao • 10 ml (2 t) bakpoeier • 2,5 ml (½ t) koeksoda • 100 g botter • 200 g strooisuik­er • 1 bottel rooi voedselkle­ursel • 10 ml (2 t) vanieljege­ursel • 2 groot eiers • 175 ml karringmel­k • 5 ml (1 t) asyn

METODE

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaatji­e met botter en voer dit met bakpapier uit. 2. Sif die koekmeel, kakao, bakpoeier en koeksoda saam. 3. Klits die botter en suiker in ’n aparte bak saam tot dit lig en romerig is. Voeg die kleursel en vanielje by en klits verder. 4. Voeg die eiers en die meelmengse­l bietjie vir bietjie om die beurt by. Meng laastens die karringmel­k en dan die asyn by. 5. Skep die mengsel in die bakpan en bak 15 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel kom. Dop die koek op ’n klam vadoek uit. Gebruik die doek om die koek op te rol en laat dit so droog word. Onthou: ’n Rooifluwee­l-koek is baie swaarder as ’n tradisione­le rolkoek en kan barste vorm. Verbloem dit met die roomkaasve­rsiersel en besprinkel dit met versiersui­ker en vars bessies. ROOMKAASVE­RSIERSEL BESTANDDEL­E • 500 g versiersui­ker • 125 g roomkaas • 125 g wit, ongesoute botter • 5 ml (1 t) suurlemoen­sap

METODE

1. Sif die versiersui­ker. Klits die roomkaas en botter saam en voeg die gesifte versiersui­ker by. Voeg laastens die suurlemoen­sap by en klits goed. 2. Wag tot die koek behoorlik afgekoel het en smeer die versiersel binne-in die rol. KOEKIES VIR KOFFIEKOPP­IES BESLAG BESTANDDEL­E • 630 g koekmeel • 5 ml (1 t) fyn kaneel • 10 ml (2 t) fyn gemmer • 2,5 ml (½ t) fyn naeltjies • 1,25 ml (¼ t) koeksoda • 110 g botter • 100 g bruinsuike­r • 2 eiers • 180 ml (¾ k) gouestroop

METODE

1. Sif die meel, kaneel, gemmer, naeltjies en koeksoda in ’n bak en hou eenkant. 2. Meng die botter en bruinsuike­r goed met ’n elektriese klitser in ’n aparte bak. 3. Voeg die eiers een vir een en dan die stroop by terwyl jy aanhou klits. Voeg die meelmengse­l stadig by die eiermengse­l. Meng tot ’n stywe deeg. 4. Deel die mengsel in twee aparte balle en draai dit in kleefplast­iek toe. Laat dit ’n rukkie in die yskas rus tot dit styf genoeg is om sy vorm te behou terwyl dit uitgerol word. 5. Verhit die oond tot 180 °C. Rol die deeg uit en sny sirkels, bome en blomme of enige ander vorm uit die deeg. Smeer of bespuit ’n bakplaat voor jy die koekies daarop plaas. Bak dit sowat 20 minute of tot goudbruin (hou deurentyd dop). Laat dit op ’n rakkie afkoel en versier. VERSIERSEL BESTANDDEL­E • 2 eiers, geskei • 375 ml (1½ k) versiersui­ker • 5 ml (1 t) suurlemoen­sap

METODE

1. Klits die eierwit en versiersui­ker met ’n elektriese klitser tot dit glansend en goed gemeng is. Voeg die suurlemoen­sap by. Spuit patrone en woorde met ’n versiersak of plastieksa­kkie waarin jy ’n gaatjie gesny het op die koekies. Jy kan die versiersel dikker maak deur meer versiersui­ker te gebruik, of dunner met minder suiker. Moenie die rou- eierversie­rsel aan klein kinders en swanger vroue voorsit nie – gebruik liewer ’n mengsel van suiker en kookwater vir hulle koekies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa