MA VEG TE­RUG TEEN BORSKANKER

El­zan­ne Mong van Vy­e­boom, in die WesKaap, is aan die be­gin van 2018 met borskanker ge­di­ag­no­seer. Sy re­ken haar seun, PJ (18 maan­de), was haar groot­ste mo­ti­ve­ring om teen die siek­te te­rug te veg.

Baba & Kleuter - - VERHAAL - DEUR YO­LAN­DI JOR­DAAN

Vier jaar ge­le­de, toe sy nog ver­loof was, het El­zan­ne Mong al ’n knop in haar lin­ker­bors ge­voel. Sy is on­mid­del­lik gi­ne­ko­loog én la­ter ra­di­o­loog toe.

“Nie een van die twee was be­kom­merd nie. Die gi­ne­ko­loog het da­de­lik ge­voel dat die knop en klier be­weeg­baar is. Die ra­di­o­loog het dit as ’n sist her­ken en al­bei was se­ker dat dit met­ter­tyd sou weg­gaan,” ver­tel El­zan­ne (32).

’n Jaar la­ter en net voor haar troue, het El­zan­ne voor­be­hoe­ding be­gin ge­bruik. ’n Paar maan­de la­ter het sy ge­voel dat die sist gro­ter is. Sy het dit weer laat on­der­soek, en weer is sy ge­sond ver­klaar.

Ná ’n jaar se ge­trou­de le­we het El­zan­ne swan­ger ge­raak.

“Met my ses­we­ke-on­der­soek ná PJ se ge­boor­te het my gi­ne­ko­loog weer my bors­te on­der­soek en ge­sê dat ek ná ses maan­de moes te­rug­keer vir nog ’n on­der­soek om­dat hy kon voel die sist is gro­ter.”

Met haar te­rug­keer ná ses maan­de het die gi­ne­ko­loog haar na ’n bors­kan­ker­spe­si­a­lis in So­mer­set-Wes ver­wys.

“Die spe­si­a­lis het my on­der­soek en het ook ’n bi­op­sie ge­doen. Sy het on­der meer ge­sê dat sy be­kom­merd is om­dat die knop pun­te het. Dit het my on­rus­tig ge­had.”

El­zan­ne het die uit­slae ’n paar dae la­ter ge­kry. Die uit­slag het ge­wys die knop is nie kwaad­aar­dig nie, maar die spe­si­a­lis wou dit in elk ge­val maar uit­sny.

“Ek was eint­lik ver­lig en het dit som­mer ’n paar dae la­ter laat uit­sny.

“Sy het my ’n paar dae la­ter ge­bel; dié keer met sleg­te nuus. Daar was kan­ker­sel­le in die mid­del van die weef­sel wat uit­ge­sny is. Dit was lu­mi­na­le mam­ma­kar­si­noom, ’n ag­gres­sie­we kan­ker wat vin­nig en mak­lik ver­sprei. Ek het on­mid­del­lik aan PJ ge­dink, wat in daar­die sta­di­um maar 10 maan­de oud was,” sê El­zan­ne.

Sy het die vol­gen­de dag nog na die spe­si­a­lis ge­ry om be­han­de­ling te be­spreek.

So­wat twee dae ná die di­ag­no­se het

Jy won­der waar­om dit met jóú ge­beur en waar­om nou.

El­zan­ne ’n MRI-skan­de­ring, bloed­toet­se en ’n been­skan­de­ring on­der­gaan.

“Die spe­si­a­lis het al die toets­re­sul­ta­te met sorg deur­ge­gaan en nog twee knop­pe in my reg­ter­bors ge­vind.

“Ek was ef­fens plat­ge­slaan en moes bin­ne net twee we­ke groot be­slui­te neem. Ek moes kies tus­sen ’n dub­bel-ma­stek­to­mie of om die twee knop­pe in die reg­ter­bors te ver­wy­der. As ek op die ma­stek­to­mie sou be­sluit, het ek ’n keu­se ge­had tus­sen si­li­koon of maag­weef­sel om my bors­te weer op te bou. Dit is moei­lik om be­slui­te te neem wan­neer el­ke keu­se reu­se-ri­si­ko’s in­hou,” sê El­zan­ne.

“Ek en my man, ook PJ, het baie daar­oor ge­praat en ek het op die dub­bel-ma­stek­to­mie be­sluit. Ek het ook be­sluit om my eie maag­weef­sel vir die bors re­kon­struk­sie te ge­bruik en om­dat die dok­ter dit aan­be­veel het om­dat ek nog so jonk is.”

El­zan­ne het ’n week ná die kan­ker­di­ag­no­se op­hou werk. Sy was ’n graad 1-on­der­wy­se­res by ’n pri­vaat skool op Vy­e­boom, die dor­pie na­by El­gin in die WesKaap waar PJ boer.

“Dit was ’n moei­li­ke be­sluit, want dis goed om be­sig te bly so­dat ’n mens nie heel­dag hoef te dink nie. Ek het eg­ter be­sef dat dit on­reg­ver­dig sou wees teen­oor die skool­kin­ders, want ek moes te veel toet­se on­der­gaan en sou dus weg van die skool wees.”

El­zan­ne ver­tel dat die spe­si­a­lis haar ge­waar­sku het dat dit ’n ste­wi­ge o­pe­ra­sie van so­wat 10 uur sou wees en dat sy om­trent vier dae in die hos­pi­taal sou moes bly.

Haar ou­ers woon op Mal­mes­bu­ry en k­lein PJ sou vir die paar dae daar kui­er om din­ge vir PJ se­ni­or op die plaas mak­li­ker te maak.

“Dis al­tyd vir my moei­lik om k­lein PJ te los. Ek ver­lang en won­der of hy ou­kei gaan wees, al weet ek my ma sien goed na hom om. Dit bly moei­lik.”

El­zan­ne is hos­pi­taal toe en die bors­weef­sel van al­bei haar bors­te is ver­wy­der en met maag­weef­sel en -vet ver­vang. Die plas­tie­se chi­rurg het eg­ter ty­dens die o­pe­ra­sie pro­ble­me met bloed­toe­voer in die reg­ter­bors on­der­vind en die o­pe­ra­sie het vyf uur lan­ger ge­duur, dus al­te­saam 15 uur.

“Ná die o­pe­ra­sie het ver­pleeg­sters uur­liks met ’n Dop­pler, ’n lang pen wat bloed­toe­voer meet, kom kyk of die weef­sel in die bors­te le­wens­vat­baar is. Die reg­ter­bors se aar­tjies het aan­hou­dend ge­knak en bloed­toe­voer in dié bors was sleg. Die bors het ook nie goed ge­drei­neer nie.”

El­zan­ne was ver­on­der­stel om slegs een aand in die in­ten­sie­we sorg­een­heid te bly, maar ná dag vyf was daar geen ver­be­te­ring nie.

Die chi­rurg het be­sluit om weer aan die reg­ter­bors te o­pe­reer om te kyk of die bloed­toe­voer ver­be­ter kan word.

Ná die o­pe­ra­sie, wat ses uur ge­duur het, was die nuus steeds nie goed nie en het die bloed­toe­voer steeds ge­suk­kel. Al­mal het eg­ter bly hoop dat dit be­ter sou raak.

“Dit het een dag net skie­lik be­ter be­gin gaan. Die spe­si­a­lis het ’n ding ge­sê wat my nog vir baie lank sal by­bly: ‘Dok­ters doen die moont­li­ke. God doen die on­moont­li­ke.’

“Ek was 14 dae lank in die waak­een­heid. In dié tyd­jie het ek fi­si­o­te­ra­pie ge­kry. Dit is in­drin­gend en veel­ei­send. Ek was net dank­baar dat PJ by my ma in goeie han­de was, want dit was een ding min­der waar­oor ek my moes be­kom­mer.”

El­zan­ne is een dag voor PJ se eer­ste ver­jaar­dag uit die hos­pi­taal ont­slaan so­dat sy tuis ver­der kon her­stel. Ses we­ke la­ter het sy die eer­ste van vier che­mo-be­han­de­lings ont­vang wat 21 dae uit­me­kaar sou wees.

Met el­ke che­mo-be­han­de­ling het sy vir PJ na haar ma toe ge­stuur.

“Dit het my net te veel uit­ge­put om na hom om te sien ná so ’n be­han­de­ling. Ek is vir ’n week daar­na nog moeg en e­ner­gie­loos.

“Een ding wat ek die af­ge­lo­pe jaar ge­leer het, is dat die he­le er­va­ring er­ger vir my was as vir k­lein PJ. Hy het met die o­pe­ra­sie en met el­ke che­mo-be­han­de­ling te lek­ker by my ou­ers ge­kui­er. Al wan­neer ek kon sien dit vat ’n bie­tjie aan hom, is wan­neer ek my groen tas uit die kas ge­haal het om te pak vir die paar dae weg van die huis so­dat ek che­mo kon kry. Hy het dan vrees­lik klou­e­rig ge­raak, maar so­dra hy my ou­ers sien, was sy kin­der­hart weer ge­luk­kig,” ver­tel El­zan­ne.

El­zan­ne se ha­re, wenk­broue en oog­ha­re het die af­ge­lo­pe ruk kol-kol uit­ge­val. Sy het aan­vank­lik be­sluit om ’n pruik te dra, maar na­dat PJ dit twee maal af­ge­trek het, het sy be­sluit op mus­sies en dus om haar ha­re maar af te skeer.

“Ek is dank­baar vir won­der­li­ke vrien­din­ne wat dit ’n spe­si­a­le er­va­ring ge­maak het. Ons het sáám ge­lag en sáám ge­huil ter­wyl een van my vrien­din­ne die haar­knip­per deur my lang ha­re ge­trek het.”

El­zan­ne ver­tel dat sy daar­na huis toe ge­gaan en on­mid­del­lik ’n mus op­ge­sit het.

“Ek was bang vir k­lein PJ se re­ak­sie, maar toe ek my mus voor hom af­haal, het hy ge­ska­ter­lag! Dit het al die pyn en moei­li­ke dae laat weg­smelt en ek het be­sef dat ek hier­die he­le ge­beur­te­nis nie son­der sy glim­lag­gies en lag­gies sou kon oor­leef nie.”

El­zan­ne sê ’n mens het baie vrae wan­neer so iets oor jou pad kom.

“Jy won­der waar­om dit met jóú ge­beur en waar­om nou. Maar ek het in­tus­sen ook baie ant­woor­de ont­vang. Ek het be­sef dat as ek vroe­ër die knop laat uit­haal het en die kan­ker ont­dek is, ek nooit vir PJ sou ge­had het nie.”

Al wys toet­se se­dert­dien daar is geen kan­ker in haar lig­gaam oor nie, het hul­le vir eers teen kin­ders be­sluit om­dat El­zan­ne se soort kan­ker deur hor­mo­ne ge­voed word. En as jy swan­ger is, is daar ’n oor­vloed van hor­mo­ne.

El­zan­ne en PJ bly eg­ter steeds po­si­tief, want die teg­no­lo­gie ver­be­ter el­ke dag en hul­le bly aan won­der­wer­ke glo.

Sy moet in elk ge­val vir die vol­gen­de vyf jaar ’n hor­moon-on­der­druk­ker drink en mag nie swan­ger raak ter­wyl sy dit drink nie.

El­zan­ne moet haar die vol­gen­de vyf jaar ook el­ke drie maan­de laat on­der­soek. Sy sal ook el­ke ses maan­de ’n drup kry wat haar been­digt­heid help be­vor­der.

“El­ke on­der­soek gaan e­mo­si­o­neel wees, want nie een van my dok­ters kan vir my sê ek is heel­te­mal en vir al­tyd skoon nie. Die kan­ker kan weer ná twee of selfs 10 jaar te­rug­kom.

“Dit was baie erg om te hoor, maar dit help om el­ke dag vroeg op te staan, aan te trek, my mooi te maak en die dag so aan te pak. Par­ty dae is ek moeg en kwaad vir die mus­sies en die kaal kop, maar dit is nou so, dus pro­beer ek die bes­te van die saak maak.”

PJ se­ni­or praat haar moed in wan­neer sy ’n af­dag het en is haar steun­pi­laar.

“Hy het my ge­leer dat ons le­we nog al­tyd nor­maal is. Dit is net ’n nu­we nor­maal waar­aan ons ge­woond moet raak.”

PJ en El­zan­ne Mong saam met k­lein PJ (1½) op hul plaas in die O­ver­berg- dis­trik.

El­zan­ne sê k­lein PJ se lag­gies help haar deur die moei­li­ke tye.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.