KRAAM­PRO­SES

Hoe voel dit werk­lik ter­wyl jy be­sig is om te kraam? ’n Er­va­re vroed­vrou be­rei jou voor op wat jy kan ver­wag.

Baba & Kleuter - - SWANGERSKAP - DEUR TI­NA OTTE

Na­ma­te jou ba­ba se ge­boor­te na­der kom, sal jou lig­gaam en jou ba­ba jou ’n paar sub­tie­le en an­der baie dui­de­li­ke lei­dra­de gee dat din­ge nou e­ni­ge tyd kan be­gin ge­beur.

LEI­DRA­DE NET VOOR KRAAM

Jou ser­viks sal be­gin sag raak en ef­fens oop­maak. Kon­trak­sies is kort, ma­tig en on­ge­reeld en kan dalk net soos ’n bie­tjie rug­pyn of soos men­stru­a­sie­py­ne laag in die buik voel. Daar is dik­wels ’n toe­na­me in va­gi­na­le af­skei­ding. An­der te­kens sluit in skie­li­ke ge­wigs­ver­lies of aan­hou­den­de rug­pyn.

E­mo­si­o­neel kan jy dalk ag­ter­kom dat iets an­ders voel, maar steeds ont­ken dat dit die be­gin van kraam kan wees. Jy kan dalk voel hoe jou nes­skop-in­stink uit­bars en jy kan y­we­rig be­gin skoon­maak, verf of ba­ba­kle­re was. Aan die an­der kant kan jy dalk vind dat jy min­der wil be­weeg, meer pas­sief raak en meer wil rus. Jy sal dalk in­tu­ï­tief sub­tie­le lig­gaam s ver­an­de­rin­ge aan­voel.

Moe­nie nou iets uit­put­tends aan­pak nie, maar bly rus­tig en ont­span so­veel as wat jy kan. Eet hoë-e­ner­gie-peu­sel­hap­pies soos vrug­te en kool­hi­dra­te en drink ge­noeg wa­ter. Wan­neer jy rus, fo­kus daar­op om te ont­span en diep a­sem te haal ter­wyl jy in voe­ling met jou lig­gaam be­gin kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.