UIT­DRUK EN GE­BOOR­TE

Baba & Kleuter - - SWANGERSKAP -

Die aard van die kon­trak­sies ver­an­der en hul­le word meer han­teer­baar. Dis nou twee tot vyf mi­nu­te uit me­kaar en elk­een duur 50 tot 60 se­kon­des lank. Die baar­moe­der druk met el­ke kon­trak­sie af­waarts. Die ba­ba be­weeg af in die ge­boor­te­ka­naal en jy voel druk­king en ’n brand­ge­voel in die pe­ri­ne­um na­ma­te die kop­pie die va­gi­na rek.

Die baar­moe­der rus tus­sen die eer­ste en twee­de fa­se. Dit is nor­maal en dit kan tot 30 mi­nu­te duur voor die pro­ses weer in al­le erns her­vat. Die kon­trak­sies in die twee­de fa­se word dik­wels die ma-maak­kon­trak­sies ge­noem.

Jy word kal­mer so­dra jy jou twee­de a­sem kry en ’n doel­ge­rigt­heid skop in. Jy er­vaar in­ten­se kon­sen­tra­sie en voel wak­ker en g­re­tig na­ma­te die ge­boor­te van jou ba­ba na­der kom. As die druk­pro­ses eg­ter lank aan­hou, kan jy moeg en ont­moe­dig be­gin voel. Druk net saam met kon­trak­sies; nie tus­sen­deur nie. Pro­beer kort, sterk druk­teg­nie­ke ge­bruik eer­der as lan­ger druk­po­gings waar jy jou a­sem op­hou, an­ders kan dit jou vin­nig moeg maak. Neem ’n ge­mak­li­ke, op­ti­ma­le po­si­sie in vir die druk­pro­ses, hoe meer reg­op hoe be­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.