NAGEBOORTE

Baba & Kleuter - - SWANGERSKAP -

Die u­te­rus trek saam om die pla­sen­ta uit te druk. Die bors­te raak ge­vul met ko­los­trum, slag­ge­reed om jou ba­ba te voed, en jou vel­tem­pe­ra­tuur styg om jou pas­ge­bo­re ba­ba warm teen jou lyf te hou.

Jy kan ge­vra word om te help met ’n paar k­lein druk­po­gings om die pla­sen­ta uit te kry. Jy kan kram­pe er­vaar wan­neer die baar­moe­der saam­trek en dit is al­ge­meen om te be­we of kou­e­koors te kry.

Jy sal ver­lig, dank­baar en ge­luk­kig voel, op­ge­won­de om jou kos­ba­re ba­ba vas te hou. Moe­nie ver­baas wees as jy e­mo­si­o­neel en fi­siek to­taal uit­ge­put voel nie. Jou en­dor­fien- en ok­si­to­sien­vlak is steeds baie hoog. Ge­bruik hier­die ge­leent­heid om jou ba­ba vel teen vel op jou lyf te plaas.

Druk soos voor­ge­skryf om te help met die uit­druk van die pla­sen­ta. Ont­span jou be­ne en pe­ri­ne­um as die dok­ter dalk ste­kies moet in­sit as ge­volg van ’n skeur of knip. Pro­beer jou ba­ba da­de­lik bors­voed – dit help ook met die sa­me­trek­king van die baar­moe­der. Bors­voe­ding help dat nog o­kis­to­sien vry­ge­stel word, wat die baar­moe­der help om styf saam te trek en so e­ni­ge on­ge­wens­te en oor­bly­wen­de weef­sel uit te druk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.