MET MENINGITIS GE­BO­RE?

Baba & Kleuter - - OP VRAE -

DR. JP DU BUISSON ANT­WOORD: die Groep Be­ta-he­mo­li­tie­se strep­to­kok (GBS) is ’n vrees­li­ke lang naam vir ’n bak­te­rie wat eint­lik min ska­de by vol­was­se­nes kan aan­rig – op die erg­ste mis­kien ’n blaas­in­fek­sie!

Hier­die bak­te­rie kom in die derm­ka­naal van een uit vyf men­se voor. As dit eg­ter ty­dens kraam in die va­gi­na is, kan dit strep­to­kok­ka­le siek­te by die pas­ge­bo­re­ne ver­oor­saak. Die in­fek­sie kan hom voor­doen as brein­vlies­ont­ste­king (meningitis), bloe­din­fek­sie of selfs long­ont­ste­king.

Nie net kan GBS die ba­ba erns­tig siek maak en selfs brein­ska­de ver­oor­saak nie, dit kan ook tot ’n pas­ge­bo­re­ne se dood lei.

Die toets daar­voor is baie be­lang­rik en ge­luk­kig ook mak­lik. Jou gi­ne­ko­loog be­hoort ’n va­gi­na­le en rek­ta­le dep­per te doen op 36 tot 37 we­ke van swan­ger­skap. Dit be­hels dat hy of sy ’n stok­kie wat soos ’n oor­plui­sie lyk, eers in jou va­gi­na en dan in jou rek­tum plaas.

Dit word dan aan die pa­to­loog ge­stuur, wat laat weet of die kiem teen­woor­dig of af­we­sig is.

Die dep­per word ook rek­taal ge­plaas om­dat dit die i­den­ti­fi­ka­sie van die bak­te­rie (as dit teen­woor­dig is) ver­be­ter.

Dis eg­ter nie ’n pro­bleem as GBS teen­woor­dig is nie, mits jy voor jou ba­ba se ge­boor­te bin­ne­aar­se an­ti­bi­o­ti­ka kry. Een­vou­di­ge pe­ni­sil­lien is vol­doen­de en jy sal moont­lik twee do­sis­se vier uur uit­me­kaar kry.

As jy vin­ni­ger as dit kraam, kry die ba­ba ’n een­ma­li­ge do­sis an­ti­bi­o­ti­ka.

As jy ’n kei­ser­snee be­plan, moet die pe­di­a­ter weet dat jy ’n dra­er is. As jou wa­ter nie voor die kei­ser­snee ge­breek het nie, kan die pe­di­a­ter be­sluit of daar ’n een­ma­li­ge do­sis an­ti­bi­o­ti­ka aan die ba­ba toe­ge­dien moet word.

GBS kan tot ’n erns­ti­ge in­fek­sie by jou ba­ba aan­lei­ding gee, maar dit is ge­luk­kig heel­te­mal voor­kom­baar as ons weet dat dit teen­woor­dig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.