PAS­GE­BO­RE­NE TOT DRIE MAAN­DE

Baba & Kleuter - - BABA -

FI­SIE­KE ONT­WIK­KE­LING

• Pas­ge­bo­re­nes slaap baie – ’n ge­mid­deld

van 18 tot 20 uur per dag. • Hul­le het pri­mi­tie­we pas­ge­bo­re­ne

re­flek­se en geen kop­be­heer nie. • Wan­neer jy jou ba­ba neer­lê, sal sy op

haar rug met haar kop na die een kant lê. • Sy kan 20 tot 25 cm ver sien, wat i­de­aal

vir bors­voe­ding is. • Sy draai na ’n lig­bron of jou stem en

re­a­geer met k­lein mond­be­we­gings. • Teen ses we­ke kan sy haar kop vir kort ruk­ke reg­op hou as sy op haar magie lê. • Teen hier­die tyd draai sy haar kop in

die rig­ting van be­ken­de stem­me. • Sy kan haar kop en bors lig wan­neer jy

haar op haar maag neer­lê. • Sy kan haar vi­sie be­ter be­heer en sal na

be­we­gen­de voor­wer­pe kyk. • Sy kan haar kop reg­op hou en haar rug­gie reg­uit maak wan­neer sy tot in ’n sit­ten­de po­si­sie ge­trek word. • Teen drie maan­de sal sy aan ’n voor­werp kan raak wat ge­plaas word so­dat sy dit kan sien.

E­MO­SI­O­NE­LE EN SO­SI­A­LE ONT­WIK­KE­LING

• Jou pas­ge­bo­re ba­ba hou op huil wan­neer jy in sag­te woor­de met haar praat. Ver­al Ma se stem bring haar tot be­da­ring. • Sy kyk aan­dag­tig na Ma se ge­sig wan

neer sy bors­voed. • Har­de ge­lui­de en stem­me ont­stel haar. • Sy ge­niet vel-teen-vel-aan­ra­king en

oog­kon­tak. • Sy is gek daar­oor om jou te sien, ruik,

hoor en jou lief­de­vol­le aan­ra­king te voel. • Sy kom­mu­ni­keer deur te huil – dit is hoe sy jou laat weet dat sy hon­ger, moeg of on­ge­luk­kig is. • Sy glim­lag teen on­ge­veer ses we­ke – dit is ’n te­ken dat sy so­si­aal wil ver­keer – en lag spon­taan. • Teen drie maan­de wys sy ple­sier wan­neer jy vir haar sing, haar kie­lie en haar arm­pies waai. • Sy her­ken haar ge­sin en be­lang­ri­ke

ver­sor­gers. • Teen drie maan­de huil sy ook al

min­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.