VOOR­KOM PRO­BLE­ME SÓ

Baba & Kleuter - - PEUTER -

Ons ken­ners deel dié raad: • Bor­sel jou kind se tan­de el­ke og­gend en aand. Die aand is ver­al baie be­lang­rik. Bor­sel dit net voor hy gaan slaap. • Vlos sy tan­de as jy sien daar sit iets vas. Vlos­stok­kies is prak­ties en daar is ou­li­kes met kin­der­vrien­de­li­ke te­mas be­skik­baar. • Moe­nie ’n ou­er ba­ba met heel­wat tan­de met die bot­tel of bors in die mond aan die slaap laat raak nie. Die ri­si­ko vir tand­be­derf is e­norm as ’n kind met ’n bot­tel in sy mond slaap, want ter­wyl hy slaap rus sy speek­sel­klie­re en dan is daar nie ge­noeg spoeg om die melk af te was nie. • Gee net wa­ter of melk in bot­tels, nooit tee nie en nog min­der tee met sui­ker of heu­ning in. Bly ook weg van koel­drank en sap. As jy jou ba­ba nie ge­woond maak aan soet sma­ke nie, sal hy nie daar­voor vra nie. Moet ook nooit on­ver­dun­de vrug­te­sap gee nie. Vrug­te­sap is ’n groot eu­wel, want dit be­vat baie sui­ker. As jy wel vrug­te­sap gee, ver­dun dit met ’n vyf­de sap tot vier- vyf­des wa­ter. • Waak teen ver­steek­te sui­ker in kos. Baie ta­ma­tie­sou­se drup by­voor­beeld van die sui­ker. Skryf ’n week lank al­les neer wat jou kind eet en neem die ly­sie saam tand­arts toe. Die tand­arts sal help uit­werk wat pro­ble­me kan ver­oor­saak en hoe dit ver­my kan word. • So­dra jou ses­ja­ri­ge se per­ma­nen­te kies­tan­de ver­skyn, kan jul­le ’n fis­suur­se­ël by die tand­arts laat aan­bring. Baie stu­dies het ge­wys dit ver­min­der die kans op tand­be­derf. As daar twee of meer stop­sel­tjies in melk­tan­de is, kan die melk­tan­de ook ’n fis­suur­la­gie kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.