Baba & Kleuter

HOE JY KAN HELP

-

Aneen deel die volgende wenke. • Praat soveel moontlik met jou kinders sodat hulle korrekte taalgebrui­k hoor. Kinders sukkel vandag met woordeskat en sinskonstr­uksie. • Vra vrae oor wat jou kinders gelukkig maak, wie hul maatjies is, wat die dag by die skool gebeur het. Hierdie vrae is belangrik vir hul emosionele ontwikkeli­ng en welstand. Dis ’n deel van kinders se ontwikkeli­ng wat maklik afgeskeep word. • Praat met die onderwyser­es en handhaaf ’n oop verhouding waarin julle albei jou kind se belang eerste stel. Onderwyser­s moet vroeg kan agterkom of daar dinge is wat met jou kind se leervermoë inmeng (emosionele sake ook), in die klas kan ingryp en jou op hoogte van jou kind se vordering kan hou. As vordering nie na wense is nie, moet julle saamwerk om die bes moontlike profession­ele hulp te kry. • Onthou dat kinders verskil. Sommige kinders is van nature angstig oor nuwe situasies en dit kan hulle dalk langer kos om by nuwe situasies aan te pas. As dit langer as drie of vier weke duur voor jou kind aangepas het, moet jy ondersoek instel. Spelterapi­e kan help. • Stuur ’n foto van Mamma en Pappa saam skool toe sodat jou kind daarna kan kyk as hy verlang. • Stel jou kind gerus dat jy die middag betyds sal wees. Moenie dinge sê wat nie waar is nie. Dit breek kinders se moed en maak hulle net nog angstiger. • Die aflaai van jou kind speel ’n groot rol. Wees soggens betyds. Dit is nie lekker om by die klas in te stap as al die maatjies reeds besig is nie. • Doen al die moontlike om soggens op pad skool toe ’n rustige en geborge atmosfeer te skep. • As jou kind meer tranerig is wanneer Mamma hom aflaai, is dit dalk beter as Pappa soms die takie verrig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa