WAT VER­TEL JY ’N VYFJARIGE OOR SEKS?

Baba & Kleuter - - KLEUTER -

Die een­vou­di­ge re­ël is dat jy pre­sies ant­woord wat hul­le vra, sê die siel­kun­di­ge Anel An­nan­da­le.

“Ou­ers skrik par­ty­keer so groot as hul­le kin­ders hul­le oor seks be­gin uit­vra dat hul­le óf heel­te­mal te veel in­lig­ting gee, óf geen in­lig­ting hoe­ge­naamd gee nie.

“As jou kind by­voor­beeld vra: ‘Mam­ma, wat is seks?’ kan jy een­vou­dig ant­woord: ‘Dit is hoe ’n ge­trou­de paar­tjie (of groot­men­se wat vir me­kaar baie lief is – af­han­gend van jou sie­ning daar­oor) vir me­kaar wys dat hul­le me­kaar baie lief­het’.

“As hul­le vra ‘Waar kom ba­ba­tjies van­daan?’ kan jy ant­woord ‘Pap­pa plant ’n saad­jie bin­ne-in mam­ma se maag en dan groei die ba­ba­tjie hier tot hy groot ge­noeg is om soos ons bui­te die mam­ma se maag te le­we’.

“Be­klem­toon dat seks ’n spe­si­a­le er­va­ring is en dat dit iets is waar­voor ’n mens moet wag tot jy oud ge­noeg is en heel­te­mal se­ker is dat jy ge­reed daar­voor is.”

Die spelterapeut Madelein Koen sê kin­ders tus­sen drie en vyf maak baie op hul verbeelding staat.

“As hul­le nie fei­te­li­ke in­lig­ting kry nie, maak hul­le ’n sto­rie op om din­ge vir hul­le­self te ver­dui­de­lik. Hul­le kan by­voor­beeld be­sluit dat as jy ’n ba­ba wil hê, jy na die hos­pi­taal gaan waar ’n ver­pleeg­ster hul­le uit­deel.”

Kin­ders on­der agt het nog nie ’n e­mo­sio­ne­le ver­bin­te­nis met seks nie. Hul­le hoor sto­ries oor seks en ge­boor­te op die­self­de ma­nier as sto­ries oor die weer. Ver­tel ge­rus vir hul­le pre­sies wat ge­beur, maar doen dit op ’n lig­te ma­nier, son­der om dit té groot en ver­skrik­lik te laat klink. Hoe meer nor­maal en al­le­daags jou sto­ries oor seks is, hoe be­ter. Jy kan dit ook in die vorm van sto­ries vir jou kind ver­tel, by­voor­beeld “die baar­moe­der maak ’n lek­ker warm nes­sie waar­in die k­lein ba­ba­tjie kan groei”.

“As jou kind se vraag jou heel­te­mal on­kant vang en jy nie se­ker is wat om te ant­woord nie, be­lo­we dat jy na hom sal te­rug­kom en kom jou be­lof­te na,” sê Madelein.

Maak ook se­ker dat jy mooi ver­staan wat jou kind vra en gee dan ’n spe­si­fie­ke ant­woord. Jong kin­ders kan nie te veel fei­te ont­hou nie en vra daar­om ge­woon­lik ook nie te veel be­son­der­he­de nie.

As jy self nie te se­ker is oor die ant­woord nie, kan jul­le saam as ’n span na­vor­sing oor die fei­te doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.