HOE HAN­TEER EK MASTURBASIE OF DOK­TER-DOK­TER-SPE­LE­TJIES?

Baba & Kleuter - - KLEUTER -

Dis ui­ters be­lang­rik dat jy dit op ’n kalm ma­nier aan­spreek, sê die siel­kun­di­ge Anel An­na­da­le.

“Ver­dui­de­lik weer dat ’n mens se ge­slags­de­le (noem dit ’n va­gi­na of pe­nis) pri­vaat is en dat jou kind self die e­nig­ste een is wat daar­aan mag raak. Ver­dui­de­lik dat jy ver­staan dat dit soms lek­ker voel om aan daar­aan te raak, maar dat dit iets is wat ’n mens net doen as jy al­leen in jou ka­mer of in die bad­ka­mer is.”

Die spelterapeut Madelein Koen sê kin­ders leer uit hul ou­ers se re­ak­sie of hul op­tre­de aan­vaar­baar is of nie.

“Die bood­skap wat jy aan jou kind wil gee, is dat masturbasie ge­sond en nor­maal is, maar iets wat in die pri­vaat­heid van haar eie ka­mer ge­doen moet word.”

Die mees­te dok­ter-dok­ter-spe­le­tjies is ge­wo­ne, toe­pas­li­ke ont­wik­ke­lings­ont­dek­king by kleu­ters.

As jy be­wus raak van sul­ke spe­le­tjies kan jy met jou kleu­ter praat oor hul pri­vaat de­le en die feit dat jy aan jou eie pri­vaat de­le mag vat, maar nie aan ie­mand an­ders s’n nie.

Dis ook ’n goeie i­dee om ka­mer­deu­re oop te los so­dat jy on­ver­wags kan in­loop.

Haal maar diep a­sem as jy op so iets af­kom. On­der­breek en vra hul­le om aan te trek.

Lei hul aan­dag af met ’n an­der spe­le­tjie. Jul­le kan la­ter oor pri­vaat­heid praat en die re­ëls oor aan­ra­king be­spreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.