V& A ba­ba

Baba & Kleuter - - INHOUD - E- pos jou vrae na yo­lan­di@ ba­ba­en­kleu­ter. co. za Vrae kan on­ge­luk­kig nie per­soon­lik be­ant­woord word nie.

My ba­ba is nou am­per vyf maan­de oud en ek wil haar vas­te kos be­gin gee. Ek is eg­ter bang vir al­ler­gieë en het be­sluit om al­le moont­li­ke al­ler­geen-be­vat­ten­de kos soos ei­ers, neu­te, sui­wel, glu­ten en vis te ver­my tot sy ’n jaar oud is. Is dit reg?

ANEL KIRSTEN ANT­WOORD: Kos wat al­ler­ge­ne (stow­we wat al­ler­gieë ver­oor­saak) be­vat, sluit in vis, ei­ers, glu­ten, graan, so­ja, neu­te en koei­melk.

In die ver­le­de is ou­ers aan­ge­raai om met sul­ke kos te wag tot hul ba­ba ’n jaar oud is ten ein­de voed­sel­al­ler­gieë te ver­my.

Maar on­lang­se na­vor­sing het dié rig­ly­ne op hul kop ge­keer en daar word nou ge­meen dat dit nie net veilig is om jou kind vroe­ër aan al­ler­ge­ne be­kend te stel nie, maar soms selfs wens­lik.

Die A­me­ri­kaan­se a­ka­de­mie van pe­di­a­trie het by­voor­beeld hul deun­tjie hier­oor ver­an­der na­dat na­vor­sing ge­wys het dat die laat of uit­ge­stel­de be­kend­stel­ling van al­ler­geen­be­vat­ten­de kos nie ’n in­vloed het op jong kin­ders se kans om op lang ter­myn ko­sal­ler­gieë te ont­wik­kel nie.

Vol­gens die A­me­ri­kaan­se a­ka­de­mie van al­ler­gie, as­ma en im­mu­no­lo­gie is die bes­te ma­nier om jou ba­ba teen al­ler­gieë te be­skerm juis om hom vroeg reeds aan al­ler­ge­ne be­kend te stel.

Hul nu­we rig­ly­ne is ge­kant teen laat of uit­ge­stel­de bloot­stel­ling om­dat dit kin­ders op lang ter­myn moont­lik meer ska­de as goed kan be­rok­ken en selfs jou ba­ba se kans op al­ler­gie­se re­ak­sies kan ver­hoog.

Vol­gens die nu­we rig­ly­ne kan jy dus al tus­sen vier en ses maan­de vir jou ba­ba die al­ler­geen­be­vat­ten­de kos be­gin gee.

Na­vor­sing het on­der meer ge­wys dat bloot­stel­ling aan vis voor ne­ge maan­de oud die ge­vaar van ek­seem tot op een jaar ver­laag.

Daar is ook nu­we raad oor grond­bo­ne. Selfs ho­ë­ri­si­ko-ba­bas (dié met be­staan­de ek­seem of ’n ei­e­ral­ler­gie) kan van vier maan­de af al grond­boon­tjies be­gin eet – ’n mens kan dus by­voor­beeld grond­boon­tjie­bot­ter in hul pap meng.

Moet daar­om lie­wer nie al­ler­ge­ne uit jou kind se di­eet laat nie, ten­sy sy in die ver­le­de al­ler­gies op se­ke­re kos­soor­te ge­re­a­geer het. In laas­ge­noem­de ge­val moet jy lie­wer by ’n dieetkundi­ge gaan kers op­steek.

Die be­kend­stel­ling aan e­ni­ge nu­we kos­soort moet een op ’n slag en in klein hoe­veel­he­de ge­skied. Be­gin met ’n nu­we kos en wag dan d­rie dae voor jy iets an­ders by­voeg. Dis om­dat al­ler­gie­se re­ak­sies soms eers ná ’n paar dae sig­baar is.

Bors­melk help om teen al­ler­gieë te be­skerm en as jy bors­voed, kan jy dus ge­rus daar­mee vol­hou ter­wyl jy jou ba­ba aan die ti­pie­se al­ler­geen-son­daars be­kend­stel. Stu­dies het ge­wys dat as bors­voe­den­de ba­bas tus­sen vier en se­we maan­de aan ’n stof soos glu­ten be­kend­ge­stel word, dit die ge­vaar van se­li­ak­siek­te, ti­pe 1di­a­be­tes en graan­al­ler­gie ver­min­der.

KLI­NIE­SE DIEETKUNDI­GE

Anel Kirsten

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.