As jou kind se tong knoop

Wat op aar­de is ’n lip- en tong­knoop, hoe be­ïn­vloed dit jou kind en hoe kan dit be­han­del word?

Baba & Kleuter - - INHOUD - DEUR DANIELLA DE WITT

Die En­gel­se be­na­mings lip tie en ton­gue tie is dalk be­ken­der as die A­fri­kaan­se lip­knoop of tong­knoop, maar tog weet baie men­se nie wat dit is son­der om ’n fo­to daar­van te sien nie.

Vol­gens die web­tuis­te web­md.com is dit ’n al­ge­me­ne pro­bleem en wil dit voor­kom as­of seuns d­rie keer meer ge­neig as mei­sies is om daar­mee ge­bo­re te word.

Al­le men­se word ge­bo­re met vlie­se in hul mond wat fre­nums of slym­vlies­plooie ge­noem word, sê dr. Za­na de Wet, ’n tand­arts by Dr Tooth Litt­le in die P­re­to­ri­a­se voor­stad Mon­ta­na.

“Fre­nums is spier­ve­sels bin­ne-in ’n slym­vlies wat ver­bin­dings tus­sen par­ty mond­struk­tu­re vorm. Hul­le heg die bo- en on­der­lip aan die tand­vleis vas, en ook die tong aan die mond­vloer.

“Die doel van ’n fre­num is om mond­struk­tu­re soos die tong sta­biel te hou, maar soms is hul­le oor­ont­wik­kel en word hul­le ver­groei­sels wat as lip- en tong­kno­pe be­kend­staan.”

WAT DOEN DIÉ KNO­PE?

’n Lip­knoop ont­staan wan­neer die lip­fre­num die bo- of on­der­lip baie styf aan die tand­vleis van die bo- of on­der­kaak an­ker so­dat die aan­ge­tas­te lip net be­perk­te be­we­ging het, ver­dui­de­lik Za­na.

In die ge­val van ’n tong­knoop is die tong weer met die mond­vloer ver­groei, wat die be­we­ging en ge­bruik daar­van be­perk.

Tong- en lip­kno­pe word soms oor­ge­ërf. In an­der ge­val­le word dit aan se­ke­re ge­ne­tie­se af­wy­kings of sin­dro­me ge­kop­pel. Dit is eg­ter baie al­ge­meen en kan mak­lik be­han­del word, sê Za­na.

Ab­nor­ma­le fre­nums word dik­wels nie eens op­ge­merk nie of eers baie laat gediagnose­er. ’n Tong­knoop kan by­voor­beeld so diep on­der die tong wees dat net ’n kun­di­ge dit kan raak­sien.

Die kno­pe kan deur ’n pe­di­a­ter, borsvoedin­gskonsulta­nt, spraak­te­ra­peut of tand­arts gediagnose­er word. On­der­soe­ke wys ge­woon­lik ’n dui­de­lik ab­nor­ma­le heg­ting van die lip aan die tand­vleis of van die tong aan die mond­vloer.

As die ba­ba se lip be­weeg word, word die tand­vleis waar die fre­num ge­heg is dui­de­lik wit­ter. Die tong het nie nor­ma­le be­weeg­lik­heid nie en ou­er kin­ders kan nie tong uit­steek nie. As hul­le dit pro­beer, het die tong ’n ken­mer­ken­de hart­vorm om­dat die punt aan die mond­vloer vas is.

HOE DIT TAAL RAAK

Tus­sen 0,2 en 2 per­sent van ba­bas word met ’n tong­knoop ge­bo­re, sê Cordelia Fairlie, ’n oudioloog en spraaktaal-te­ra­peut by die Fa­mi­lie­te­ra­pie-sen­trum op Krugersdor­p in Gau­teng.

“Die erns ver­skil van kind tot kind en dit kan kin­ders se spraak­ont­wik­ke­ling aan­tas. Be­han­de­ling hang van die erns­tig­heids­graad af,” sê sy.

’n Tong­knoop kan ver­oor­saak dat die tong nie na al die po­si­sies in die mond kan be­weeg wat no­dig is om se­ke­re klan­ke te vorm nie. Klan­ke wat ver­al ge­raak word, is l, t, d, n, r. Dis om­dat die tong tot bo teen die har­de ver­he­mel­te moet strek om hier­die klan­ke te kan ar­ti­ku­leer.

Soms leer kin­ders om hul tong el­ders te plaas ten ein­de die klank uit te spreek, sê Cordelia.

As die tong­knoop met ’n kind se ar­ti­ku­la­sie­vaar­dig­he­de in­meng, moet dit so vroeg moont­lik be­han­del word om te keer dat sy ge­skre­we werk la­ter sy ge­spro­ke taal weer­spie­ël.

HOE DIT BORSVOEDIN­G RAAK

Om­dat die toe­stand die be­we­ging van ’n ba­ba se lip­pies of tong be­perk, suk­kel baie ba­bas met borsvoedin­g, sê Françoisé van der Westhuizen, ’n borsvoedin­gskonsulta­nt by die Melk­bek­kies-bors­voe­dings­kli­niek in Gau­teng.

“’n Lip­knoop wat baie styf is, kan keer dat ba­ba se lip­pe be­hoor­lik op­vleu­el om aan die bors te kan heg. Hy moet sy lip­pe dus saam­pers om die bors in sy mond te pro­beer hou en ’n se­ël te vorm. Ba­bas met ’n lip­knoop doen dik­wels suig­ro­fies op om­dat hul­le ver­keerd heg.

“In die ge­val van ’n tong­knoop kan die tong nie be­hoor­lik op en af be­weeg om die bors te mas­seer so­dat die melk kan uit­kom nie. Die ba­ba moet dan sy tong op an­der ma­nie­re pro­beer in­span,” sê Françoisé.

Dit kan pro­ble­me ver­oor­saak soos: • Pyn­li­ke borsvoedin­g – dit kan voel as­of ’n ras­per op jou te­pels doe­nig is en of jou ba­ba jou te­pels byt of kou; • Ge­bars­te of stuk­ken­de te­pels; • Ver­stop­te melk­bui­se en mas­ti­tis; • ’n Ge­suk­kel met vashegting, so­dat jou

ba­ba heel­tyd van jou bors af­gly; • K­lik­ge­lui­de ter­wyl jou ba­ba bors­voed; • Bors­voe­dings wat baie lank duur ter­wyl

jou ba­ba on­ver­sa­dig voor­kom; • ’n S­ta­di­ge ge­wigs­toe­na­me en selfs ge

wigs­ver­lies; • Te min nat en vuil doeke; • Re­fluks om­dat fou­tie­we heg­ting ver­oor­saak dat ba­ba baie lug sluk ter­wyl hy voed; en • Ver­min­der­de melk­pro­duk­sie om­dat die bors­te nie be­hoor­lik leeg­ge­maak word nie. Françoisé sê dit kan ’n nu­we ma oor­wel­dig laat voel en haar laat twy­fel aan haar ver­moë om haar ba­ba te bors­voed, maar ge­luk­kig is daar op­los­sings.

“’n Borsvoedin­gskonsulta­nt kan jou help deur die ba­ba se po­si­sie op die bors aan te pas en hom te leer hoe om die­per en be­ter te heg en so die pyn en on­ge­mak te verlig.”

WAT GE­BEUR AS DIT NIE BE­HAN­DEL WORD NIE?

Be­hal­we vir spraak- en bors­voe­dings­pro­ble­me is nog kom­pli­ka­sies van lip­fre­nums dat daar o­pe­nin­ge tus­sen die tan­de ont­staan. Dit kan net reg­ge­stel word met die ver­wy­de­ring van die fre­num en mee­gaan­de or­to­don­tie­se be­han­de­ling (lees meer in die kas­sie bo).

OUDIOLOOG EN SPRAAKTAAL-TE­RA­PEUT, KRUGERSDOR­P BORSVOEDIN­GSKONSULTA­NT, JO­HAN­NES­BURG TAND­ARTS, P­RE­TO­RIA CORDELIA FAIRLIE, FRANÇOISÉ VAN DER WESTHUIZEN, DR. ZA­NA DE WET,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.