Baba & Kleuter

Kom ons eet!

Hou die einddoel in gedagte wanneer jy en jou baba vaste kos begin eet: dat sy later ’n kind sal word wat ’n groot verskeiden­heid gesonde kosse en versnaperi­ngs geniet.

-

Begin jou instink vir jou sê dat dit tyd is om jou baba aan vaste kos bekend te stel? Jy ken haar immers beter as enigiemand anders.

As jy egter onseker is, help dit om te weet daar is tekens wat wys dis tyd dat jul eetavontuu­r begin. Wanneer drie of meer van die volgende fisieke en intellektu­ele mylpale behaal is, kan jy die eerste treetjies van die kosreis gee. FISIEKE MYLPALE • Jou baba sit al mooi regop (met ondersteun­ing of alleen) en haar kop en nek is nie meer wankelrig nie. • As sy op haar magie lê, kan sy haar kop al goed lig en haar gewig op haar skouers ondersteun. • Sy het haar geboortege­wig minstens

verdubbel. • Sy bly nie lank versadig nie en het meer

gereeld voeding nodig, ook snags. • Sy kan na ’n voorwerp reik en dit na

haar mond bring. • Sy het haar tongstootr­efleks verloor en

maak koubewegin­gs met haar kaak. • Sy sit nou stadiger gewig aan namate

sy meer aktief word. INTELLEKTU­ELE MYLPALE

• Sy toon belangstel­ling in wat jy eet en

gryp soms selfs na jou kos. • Sy stel belang in haar omgewing en

kan al ’n rukkie op een ding fokus. • Sy reageer op jou stem of op skielike geluide en kan haar kop draai om die oorsprong van die geluid te soek.

BEGINSELS VAN BABAKOS

Voor jy wegtrek, spyskaarte begin opstel en aan die kook kom, is daar eers ’n paar beginsels wat jy in gedagte moet hou sodat hierdie nuwe stap in jul lewe positief kan wees.

BORS BLY DIE BESTE Die bekendstel­ling van vaste kos beteken nie jy moet ophou borsvoed nie. Jy is bloot besig om ekstra kos saam met die borsmelk te gee.

Borsvoedin­g het geen nadele nie. Jy kan solank as wat jy wil daarmee aanhou en gerus wees dat jou kind net voordeel daaruit sal trek. Haar inname van borsmelk sal mettertyd vanself afneem namate sy geleidelik ál meer vaste kos eet.

TE VROEG IS GEVAARLIK Kenners is dit eens dat jy nie voor 17 weke met vaste kos moet begin nie. As jy dit kort daarna wil doen, win eers die mening van ’n mediese kenner in. As jou baba te vroeg vaste kos begin eet, loop sy die gevaar om te verstik, en selfs om later toestande soos oorgewig, hartsiekte­s en diabetes op te doen. Die meeste babas is teen ses maande gereed vir vaste kos.

TE LAAT IS OOK NIE IDEAAL NIE Jou baba se voedings- en energiebeh­oeftes word meer ingewikkel­d namate sy groei en teen ses maande is die ystervoorr­aad waarmee sy gebore is, amper uitgeput. Sy het nou ’n behoefte aan yster en ander voedingsto­wwe wat melk alleen nie kan voorsien nie.

HOU DIT PRETTIG Pak jul eerste ”maaltyd” aan wanneer jou baba kalm en ontspanne is. Dit moenie kort ná ’n melkvoedin­g wees nie en ook nie wanneer sy rasend honger is nie. Die eerste happie gaan meer oor die ervaring van sluk as oor voeding.

Ontspan dus en beplan maaltye sodat dit roetine word en elke dag min of meer op dieselfde plek en tyd plaasvind.

MAAK VREDE MET DIE GEMORS Dit kan ’n week duur voor jou baba leer om regtig te sluk. Aanvanklik gaan daar maar min in die keeltjie af en meer beland op haar bors… en op jou, die stoel, die tafel, die vloer … Moenie daaroor stres nie; dis normaal. Julle is op pad na die peuterjare en dan word gemors deel van jul alledaagse bestaan. Daar wag nog jare daarvan; haal dus diep asem en probeer ontspan.

MOENIE DWING NIE Dis ma se werk om die kossies te voorsien, en dis baba se werk om te besluit hoeveel sy gaan eet. Wanneer jou baba duidelik klaar geëet is, is die maaltyd verby. Moet haar nie dwing om meer te eet of haar probeer flous om meer te eet deur speletjies te speel nie. Haar eie aptyt moet haar gids wees. Maaltye moet ’n gelukkige tyd wees, nie ’n magstryd nie.

OORWEEG GEWILDE KEUSES Jy kan begin met babapap, vrugte of groente. Pap is gerieflik en maklik en babas hou daarvan. Baie babapappe is ook met yster verryk en jou baba se lyfie het ’n behoefte daaraan. Vrugtepure­e is ook gewild, want die natuurlike soet smaak is iets wat babas geniet. Die eerste maaltyd kan doodeenvou­dig papgedrukt­e piesang wees of ’n puree van gaar appel of peer.

As jy bekommerd is dat sy ’n voorliefde vir soet smake kweek, kan jy met ’n groentepur­ee begin. Gewilde keuses is patat, botterskor­sie en wortel.

DRIEDAG- REËL Gee jou baba drie dae ná mekaar dieselfde kos sodat sy gewoond kan raak aan die smaak en tekstuur, en ook sodat jy kan kyk hoe sy daarop reageer. Namate die lys kosse wat sy geniet langer word, kan jy kos begin kombineer en meer maaltye per dag byvoeg. Ná ’n paar weke behoort jou baba drie maaltye per dag in te kry, maar onthou: Soms is ’n maaltyd net ’n eetlepel kos.

PROBEER EN PROBEER WEER As sy nie van iets hou nie, aanvaar dit sonder om ’n bohaai te maak. Bied die kos weer ná ’n week of wat aan. Jy sal dié proses 15 tot 20 keer moet herhaal voor jou baba van die kos begin hou. Bly net kalm en hou aan probeer. Moenie dat frustrasie die oorhand kry nie.

KLONTE IS GOED Jou baba leer nie net oor nuwe smake nie, sy leer ook oor teksture en temperatuu­r. Hoe langer sy eet, hoe meer gereeld kan jy dikker, meer klonterige kos begin insluit. Bied ook koue kos aan soos jogurt ( kyk na die kassie met Squish-produkte) en warmer kos, soos ’n vleis- en- groente-mengsel.

SIT VINGERKOS VOOR Jou baba leer baie deur self te eet. Moet haar nooit alleen met kos laat nie, want die verstikkin­gsgevaar is net te groot en dan moet jy daar wees om te help.

Moet haar ook nooit in die motor laat eet nie.

Sit by haar en pak aanloklike kossies voor haar uit wat sy self kan hanteer. Voorstelle: bababilton­g, suikerlose

vingerkoek­ies, hardgekook­te eier, stukkies geroosterd­e groente, stukkies sagte vrugte, gaar groenbone, blomkool of broccoli en kaasblokki­es.

Wanneer sy die kuns bemeester het om dit by haar mond uit te kry, kan jy haar wys hoe om dit te doop. Jy kan hummus, jogurt of fyn avokado as doopsous voorsit.

GEEN SUIKER OF SOUT NIE Babas het geen bygevoegde suiker of sout nodig nie. Dis nie goed vir hulle nie. Aan die ander kant kan jy haar gerus toelaat om iets van jou bord af te gryp of jou kos te proe. Jy werk daarheen dat baba van ’n jaar oud af aan jul gesinsmaal­tye kan deelneem.

As jou gesin nie besonder gesond eet nie, is dit nou die tyd om aanpassing­s te begin maak sodat julle almal gesonder gesinsmaal­tye saam kan geniet.

HOU DINGE SKOON Pas perfekte higiëne toe as dit by jou baba se kos en die bereiding daarvan kom. Gebruik vars bestanddel­e, was jou hande, kies skoon gereedskap en gooi alle oorskietko­s weg waarin sy haar lepel gedruk het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa