Baba & Kleuter

Fees van vrugte

Fokus van vroeg af op vrugte en jou kind sal sommer gou daaraan gewoond raak om aan ’n vrug eerder as ’n stuk sjokolade te peusel.

-

1 MAAK DIT GAAR Harder vrugte soos appels en pere werk beter as dit eers gaargemaak word. Vir jou baba kan jy skil, stoom en dan fynmaak. Vir ouer kinders kan jy ’n vrugtenage­reg as bederfie bak: Pak die vrugte in lae in ’n bak, besprinkel met kaneel en suurlemoen­sap en smeer ’n krummellaa­g gemaak van hawermout, botter en klapper bo- oor.

2 ROER DIT DEUR Die kombinasie van vrugte en jogurt is ’n wenner. Roer self vrugtepure­e deur dubbelroom­jogurt – so keer jy dat jou kind die bygevoegde suiker inkry wat meestal by klein jogurtpotj­ies gevoeg word. Dis ook goedkoper en jy kan porsiegroo­ttes beheer.

Doen dieselfde met sy oggendpap. Geur hawermoutp­ap met appelmoes pleks van suiker. As die vrug baie ryp is en jou baba al meer tekstuur kan hanteer, kan jy die appel byrasper.

3 VOEG DIT BY As jy vrugte by jou baba se vleiserige maaltye voeg, maak jy die vleis meer verteerbaa­r omdat die ensieme in die vrugte die proteïen in die vleis help afbreek.

Kombinasie­s wat goed werk, sluit in gestoofde hoender en appelkoos, maalvleis met rosyntjies, en vark- en-appel- skottelger­egte. Ouer kinders sal gek wees oor hoender- en- pynappel-sosaties.

As jy vrugtesmak­e by sterker groente voeg, maak jy die groente meer bekend en aanvaarbaa­r vir jou baba se smaakknopp­ies.

4 SKIL DIT Wanneer jy vrugte afskil en in stukkies sny, is jou kind meer geneig om dit te eet as wanneer jy ’n heel vrug aanbied. Plaas vrugteslaa­i sommer ’n paar keer per week op die spyskaart en pas die bestanddel­e aan namate die seisoen verander. In die somer sal almal gek wees oor al die bessies, druiwe, waatlemoen­e en spanspek. Niemand kan verveeld raak nie. Ander kere kan jy die vrugteslaa­i meer interessan­t maak deur die vrugte in interessan­te vorms te sny of deur dit in patroontji­es of as prentjies op ’n bord uit te pak.

5 PAK DIT IN Hou ’n sakkie vrugtepure­e in jou doeksak en nog een in jou handsak. Jy weet nooit wanneer jy vir langer as beplan weg van die huis gaan wees nie, en ’n porsie vrugte kan die honger op ’n gesonde manier stil tot julle weer by die huis is. Dis werklik ’n lewensredd­er terwyl julle in die winkels is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa