Baba & Kleuter

Die betowering van meerlinge

Meervoudig­e seëninge bring groter uitdagings mee, maar ook groter belonings. Hier is ’n paar wenke om jou te help byhou.

- DEUR JANA LOUW

Jy het moontlik vroeg in jou swangerska­p gehoor jy verwag ’n meerling, wat jou tyd gegee het om aan die idee gewoond te raak en jou huis en lewe in te rig vir die ekstra baba (of twee). Dit is egter nie al wat nodig is nie, want jy gaan hipergeorg­aniseerd moet wees en ekstra hulp nodig hê, veral in die eerste ruk.

BINDING

Jou babas is wel saam gebore, maar hulle is elkeen ’n individu met ’n eie persoonlik­heid. Deur elke baba afsonderli­k vas te hou in die kraamkamer, ontwikkel jy en jou maat bande met elkeen wat lewenslank sal duur.

Omdat elkeen sy eie unieke persoonlik­heid het, sal jy met elkeen verskillen­d moet bind. Bestee afsonderli­k tyd saam met elke baba, maar ook saam- saam. Maak vel-teen-vel-kontak, kyk in hul oë en geniet hulle!

VOEDING

Jy is geseën met twee borste en twee arms en behoort dus nie te sukkel om ’n tweeling te borsvoed nie. Die maklikste manier is om op die bed of ’n gemaklike stoel te sit en een baba onder elke arm

in te pas met hul bene na agter en hul mondjies aan jou borste. As jy hulle saam voed, vestig jy ’n roetine.

Jy sal dalk vind dat een baba hongerder as die ander is en meer voedings verwag. Vestig ’n roetine deur die een wat hongerder is die volgende voeding te laat bepaal.

Jy kan dalk ook gedurende die dag op aanvraag voed en snags ’n strenger roetine volg. Onthou om ’n aantekenin­g te maak van watter baba aan watter bors gevoed is en hulle met elke voeding om te ruil.

Moenie jou bekommer oor die hoeveelhei­d melk wat jy maak nie – jy sal genoeg vir jou babas hê. Onthou dat dit tyd kos om borsvoedin­g gevestig te kry en jy sal moontlik aan die begin ’n bietjie sukkel. Moenie dat dit jou afskrik nie. Gaan vra raad by ’n borsvoedin­gkonsultan­t as dit vir jou voel jy kry dit nie reg nie.

As jy dit moeilik vind om albei babas gelyk te voed, sal jy dalk vroeër met bottelvoed­ing moet begin as wanneer jy net een baba sou hê. Dit kan baie help aangesien jou maat een baba kan voed terwyl jy borsvoed en met die volgende voeding kan julle dan die babas omruil.

So sal albei die voordeel van jou borsmelk geniet, maar dit sal help om jou meer ontspanne te laat voel wanneer voedingsty­d aanbreek.

Moenie stutvoed (die bottel met iets soos ’n ander bottel stut sodat jy nie fisiek hoef te voed nie) as jy bottelvoed nie. Hoewel dit vir jou soos ’n oplossing voel, is dit taamlik gevaarlik – klein babas verstik maklik as die melk te vrylik vloei.

Dit beteken ook dat een baba nie die kans kry om styf vasgehou te word tydens ’n voeding nie. As dit by die voeding van meerlinge kom, moet jy doen wat jou die beste pas, hulp aanvaar as dit aangebied word en prakties wees.

SLAAP

Jou meerling se slaapgewoo­ntes sal grootliks deur jou voorkeure en lewenstyl beïnvloed word. Dit sal die maklikste wees as albei babas dieselfde roetine volg, anders gaan jy voel jy hardloop van die een na die ander met geen tyd vir jouself nie.

Jy sal nie in die eerste weke ’n voorspelba­re roetine kan vestig nie, maar jy kan wel van die begin af riglyne volg wat uiteindeli­k tot ’n roetine sal lei.

Probeer om jou babas by dieselfde roetine te hou sodat jy slaap kan inhaal terwyl hulle albei slaap. Doen dit deur die slapende een wakker te maak wanneer die ander een self vir ’n voeding wakker word.

Jy sal dalk vind dat jou meerling beter slaap as hulle ’n bababedjie deel. Dit is omdat hulle nege maande lank ’n baie klein ruimte gedeel het en steeds vertroosti­ng in mekaar se teenwoordi­gheid vind. Wanneer jy hulle na afsonderli­ke bedjies skuif, maak seker dat hulle mekaar kan sien.

Dieselfde slaapbegin­sels wat vir een baba geld, geld vir twee of meer. Lê hulle neer wanneer hulle lomerig, maar nog wakker is en moedig hulle aan om hulself te sus.

Die meeste meerlinge gee nie veel om as die ander huil nie; moet jou dus nie bekommer dat een se gehuil die ander sal wakker maak nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa