Baba & Kleuter

LOOP LIG VIR MUSKIETE EN BYE

-

Om die een of ander rede snuffel muskiete sagte jong velletjies altyd vinnig uit en dis regtig erg om jou kind soggens propvol byte te sien. As dit die geval is, moet jy dalk ’n muskietnet vir sy bedjie oorweeg.

Sitronella is ’n muskietwee­rmiddel en daar is goeie produkte spesiaal vir kinders op die mark. Muskiete byt veral saans en daarom is dit ’n goeie plan om saans ná badtyd ’n insekweerm­iddel wat veilig vir babas en kleuters se vel is, aan te smeer. Produkte soos verdunde sitronella- olie, Peaceful Sleep en Tabart is veilig vir kleuters.

Reinig ’n bytplek met seep en water en as hy regtig erg bygedam is en jeuk, kan jy hom ’n bietjie antihistam­ien gee (vra jou apteker).

Met bysteke moet jy seker maak dat die angel uit is. Sit ys daarop om die swelling te verminder en bedek die seerplek met ’n pasta van koeksoda en water. Aalwynroom of -sap verlig ook die jeuk van insekbyte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa