Baba & Kleuter

BEHANDELIN­G:

-

WAAR LÊ DIE PROBLEEM?

Die behandelin­g van jul keuse hang minder af van hoeveel geld julle bereid is om uit te gee as van wat die oorsaak van jul onvrugbaar­heid is, sê Jaco.

As jy byvoorbeel­d endometrio­se het, is die antwoord om hierdie toestand te behandel.

In die geval van ’n man hang dit daarvan af of die probleem by sy hormone of sy testikels lê. Sekere hormoonpro­bleme kan met hormoonbeh­andeling gemanipule­er word, terwyl die oplossing vir testikulêr­e probleme in vitro-bevrugting is.

As toe buise of langdurige, onverklaar­bare onvrugbaar­heid die probleem is, is die keuse in vitro-behandelin­g.

INSEMINASI­E VS. IN VITRO- BEVRUGTING

Inseminasi­e is heelwat goedkoper, maar dit het ’n suksessyfe­r van ongeveer 1 uit 10. Jaco sê hulle bied dit net gewoonlik aan vir mense waar die kans op sukses groot is. Dit sluit meestal in mense wat jonger as 35 is, nog nie lank sukkel nie, al ’n vorige baba gehad het en waar die man se semenontle­ding normaal is en die vrou nie buisproble­me het nie.

“Inseminasi­e is egter in alle gevalle ondergeski­k aan in vitro-bevrugting. In vitro-bevrugting is verreweg die ingryping met die hoogste suksessyfe­r vir almal wat nie hul kans met ’n operasie of behandelin­g kan verhoog nie,” sê Jaco.

“Onvrugbare vroue se kans om danksy in vitro-bevrugting swanger te raak, is meer as dubbel die kans van ’n spontane swangerska­p by ’n normale, vrugbare paartjie.”

Baie pasiënte wat op ander maniere nie kon swanger raak nie, kan met in vitrobevru­gting gehelp word. Sowat 10 persent van paartjies wat om hulp kom aanklop, kry uiteindeli­k in vitro-behandelin­g.

BEVRIESING VAN EIERSELLE

As jy teen 35 jaar oud nog nie planne het om swanger te raak nie, maar wel eendag ’n kind wil hê, moet jy verkieslik ’n vrugbaarhe­idspesiali­s raadpleeg om eiersel-bevriesing te bespreek.

“Vroue se eiertjies word deur die jare ál minder en die gehalte neem ook af. Die eiertjies van iemand ouer as 36 vries ook nie so goed as ’n jonger vrou s’n nie,” maan Jaco.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa