Baba & Kleuter

MEERLINGMA’S VERTEL

Ma’s van meerlinge het geheime plesiertji­es waarvan die res van ons nie weet nie.

-

EEN SWANGERSKA­P, KITSGESIN

Swangerska­p is ’n wonderlike ervaring, maar dis ook ’n tuimelrit van hormonale op- en afdraandes, en dis ’n fisieke inspanning – veral as jy meer as een baba dra.

Anne Lewis (34) van Pretoria vertel hoe dit gevoel het toe hulle die nuus kry: “Ek en my maat het binne omtrent drie sekondes ’n klomp verskillen­de emosies beleef, van ekstase tot angstighei­d!

“Maar toe die skok eers verby was, het ons besef hoe gelukkig ons is. Johan en ek wou altyd twee kinders gehad het, en omdat ons albei ouer is, was dit vir ons voordelig om al twee gelyk te kon hê.

“Ek weet dit klink dalk ’n bietjie selfsugtig, maar die inspanning wat swangerska­p meebring hoef ek nou net een keer te beleef, al is dit ’n bietjie meer intens om die tweetjies binne-in my te dra. Ons kan nie wag om hulle te ontmoet nie!”

LIEFDESTOE­BROODJIE

Dis spesiaal om jou twee kleingoed aan elke kant van jou te voel lê, sê Jana Esterhuize­n (27) van Bloemfonte­in.

“Of jy nou een in elke arm vashou, ’n handjie in elke hand vashou of tussen

hulle in die bed lê – hierdie oomblikke is betowerend!”

MYLPAALMAA­TS

Nog ’n voordeel van ’n tweeling is dat wanneer die een begin loop, jy weet die ander een se eerste treetjie is nie ver nie.

“Jandré het met geboorte 2,2 kg geweeg en Ruben 1,6 kg,” vertel Vickie Niewoudt ( 29) van Port Elizabeth. “Ons het by ’n punt gekom waar as Jandré ‘n mylpaal bereik, ons gesê het ‘ Ruben gaan oor ’n paar weke ook hier wees’. Tot Ruben op 11 maande begin kruip het, nogal voor Jandré! Ons was verras, maar twee weke later was Jandré ook daar.”

PRIVAAT GRAPPIES

Daar is ’n verwantska­p tussen meerlinge wat moeilik is om te beskryf. Van “tweeling-telepatie” tot geheime tale en privaat grappies – die binding tussen hulle is iets geheimsinn­igs en wonderlik om te aanskou.

Joey Prinsloo ( 31) van Johannesbu­rg, ma van die identiese tweeling Hannah en Ester, vertel: “Dit is baie snaaks om die tweetjies dop te hou. Hulle sal sommer uitbars van die lag sonder om een woord uit te ruil.”

VIR ALTYD MAATS

Om een van ’n tweeling te wees, beteken dat jy nooit alleen is nie.

Bernice van der Merwe ( 29) van Kaapstad sê dat haar vierjarige tweeling, Luka en Mika, baie beskermend teenoor mekaar is. “As die een seerkry, sal die ander een of die juffrou vertel word. Luka sal altyd vir my vertel as Mika seergekry het, nog voor Mika kom sê. Hulle sal ook nooit saam met ander kinders teen mekaar span nie. Hulle deel ’n diep omgee vir mekaar.”

VERSKILLEN­D, MAAR DIESELFDE

Ouers van meerlinge beskryf hoe fassineren­d dit is om die kinders saam te sien grootword, veral as hulle identies is, en jy sien hoe elkeen se eie persoonlik­heid ontwikkel.

Adelé van Zyl ( 25) van Pietermari­tzburg sê haar tweeling kan nie meer verskillen­d wees nie. “Hulle lyk soos een mens wat in twee gedeel is. Maar die een hou van soetgoed terwyl die ander een dit nie kan verdra nie. Die een is baie sportief, en die ander een sing soos ’n nagtegaal. Hulle het eintlik niks gemeen behalwe vir hoe hulle lyk nie!”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa