Pa se stem

Baba & Kleuter - - INHOUD -

’n Mens se mond kan soms oop­hang as jy na ou­ers om jou luis­ter…

DEUR JA­CO JACOBS

Kan jy nog ont­hou hoe dit ge­voel het toe jy jou groot­ste pas­sie ont­dek het?

Dalk was dit boe­ke en sto­ries, soos vir my. Dalk was dit sport of kos­maak, kuns of mu­siek, of ’n skool­vak wat jou hart vin­ni­ger laat klop het of selfs die eer­ste lei­dra­de ver­skaf het oor wat­ter rig­ting jou be­roeps­le­we een­dag sou in­slaan. Dalk was jy nog ’n tjok­ker­tjie op la­er­skool, dalk het dit in jou tie­ner­ja­re ge­beur, of dalk eers op u­ni­ver­si­teit.

Ek ont­hou nog so glas­hel­der daar­die maag­draai-op­win­den­de vonk, daar­die oom­blik toe ek be­sef het – dít is iets waar­in ek be­lang­stel, dít is iets wat my op­ge­won­de maak, dít is iets waar­voor ek ’n ta­lent het en wat ek dalk vir die res van my le­we wil doen.

Mia (7) en Em­ma (5) is nou op die ou­der­dom waar ’n mens dui­de­lik kan be­gin sien waar­in hul­le be­lang­stel.

Em­ma – reeds se­dert twee­ja­ri­ge ou­der­dom die trot­se ei­e­naar van ’n troe­tel­lui­slang – word ein­de­loos ge­fas­si­neer deur rep­tie­le, roof­die­re en di­no­sou­rus­se. Hoe gif­ti­ger en ge­vaar­li­ker, hoe be­ter. Maar dié eens s­ka­me­ri­ge klein rab­be­doe is dees­dae ook mal oor sing en dans en kon­sert hou, en sy hou so­veel van te­ken, verf en plak dat haar kleu­ter­skool­juf­frou ons aan­ge­raai het om haar vir ek­stra kuns­klas­se te s­tuur, wat sy on­ge­loof­lik ge­niet.

Mia se graad­een-jaar was ’n hol­der­ste­bol­der a­von­tuur prop­vol nu­we din­ge om op die proef te stel – hok­kie, net­bal, kuns­wed­stryd­voor­drag, koor, ten­nis, mon­de­ling­op­drag­te, blok­fluit­les­se. Ek ver­stom my aan die en­toe­si­as­me en on­ver­skrok­ken­heid waar­mee sy aan net mooi al­les wil deel­neem, selfs al pro­beer ek en Mam­ma ge­reeld ’n bie­tjie briek aan­draai so­dat die pas nie te rof raak nie.

Dit is fas­si­ne­rend om kin­ders op hier­die ou­der­dom dop te hou, te kyk hoe hul­le nu­we din­ge be­proef, hoe hul­le hul­le­self leer ken. (“Ek dink nie ek hou eint­lik so baie van hok­kie nie,” het Mia on­langs rooi in die ge­sig en uit­a­sem na­by die ein­de van die hok­kie­sei­soen aan­ge­kon­dig, “mens moet bié­tjie te veel hard­loop!”)

Maar dit bring ook vir jou as ou­er ’n reu­se-ver­ant­woor­de­lik­heid mee: die ver­ant­woor­de­lik­heid om nie jou eie stem­pel te hard op hier­die vor­mings­pro­ses te pro­beer af­dwing nie.

’n Ruk ge­le­de staan ek langs die hok­kie­veld ter­wyl die on­der­se­we­spe­ler­tjies ge­reed maak om ’n wed­stryd te speel. Langs my is ’n ma be­sig om haar dog­ter­tjie se hok­kie­kou­se op te trek voor sy op die veld moet draf. “Jy be­ter mooi speel van­dag, hoor!” sê die ma. “An­ders gee Mam­ma jou ’n pak slae as ons by die huis kom.”

Ek het be­hoor­lik ge­stei­er.

Toe ek ag­ter­na met an­der men­se oor die voor­val ge­sels, was baie ou­ers nie eens vrees­lik ver­baas of ge­skok nie. Hul­le het al soort­ge­ly­ke din­ge – en er­ger – langs ’n sport­veld ge­hoor en ge­sien.

Ek hoor ge­reeld van kin­ders wat uit­mer­ge­len­de ure el­ke week in die swem­bad of in dans- of gim­nas­tiek­klas­se deur­bring – kin­ders wat net so oud soos my­ne is. En daar­die kin­ders pres­teer, son­der twy­fel. As dit hul­le pas­sie is, is dit won­der­lik. Daar­die soort toe­wy­ding verg im­mers ook bit­ter baie op­of­fe­ring van ou­ers – tyd en geld, vol­ge­houe aan­moe­di­ging en on­der­steu­ning.

Maar as dit nié reg­tig jou kind se pas­sie is nie, as jy jou eie drome aan hul­le pro­beer op­dwing, is jou kind waar­skyn­lik be­sig om ’n duur prys te be­taal.

Op hier­die ou­der­dom wil ek nog graag hê my kin­ders moet die tyd en ge­leent­he­de hê vir speel en eks­pe­ri­men­teer en ver­ken. Hul­le moet nu­we din­ge kan be­proef son­der dat hul­le nood­wen­dig goed daar­in hoef te wees. Hoe an­ders gaan hul­le ag­ter­kom waar­van hul­le hou en nie hou nie?

Ek ont­hou my kin­der­dae nog goed. Hoe ek se­ëls ver­sa­mel het, bon­sai­boom­pies (son­der sukses) pro­beer kweek het, met bud­jies ge­teel het, by ’n val­ke­niers­klub aan­ge­sluit het, hon­der­de en hon­der­de boe­ke ge­lees het, ge­te­ken en ge­verf het, hoe ek en my sus­sie pop­pe­kas ge­hou het, boom­hui­se en bo­te en kas­kar­re ge­bou het, eks­pe­ri­men­te uit­ge­voer het, hoe ek in ver­skil­len­de fa­ses van my kin­der­tyd ’n kro­ko­diltem­mer wou word, of ’n wild­be­waar­der, of ’n fo­to­graaf. Ek ont­hou die op­win­ding van die at­le­tiek­sei­soen en van re­de­naars­toe­spra­ke en de­batskom­pe­ti­sies en ei­stedd­fods. Ek ont­hou my eer­ste tik­ma­sjien en die sto­ries wat ek daar­op ge­skryf het.

Uit daar­die deur­me­kaar­spul van be­lang­stel­lings, van stok­perd­jies wat ge­kom en ge­gaan het, het my wa­re ta­len­te en be­lang­stel­lings sta­dig maar se­ker uit die verf ge­kom. En my ou­ers was daar om my te on­der­steun en te prys en aan te moe­dig, maar ek kan nie ont­hou dat daar ooit ui­ter­ma­te druk op my was om te pres­teer nie.

En dít is wat ek graag vir my kin­ders wil hê. Dat hul­le die tyd en die ge­leent­heid het om so­veel as moont­lik din­ge op die proef te kan stel son­der te veel druk om al­tyd eer­ste te wees, die bes­te te wees, uit te blink.

En dalk kan hul­le ook een­dag met ’n glim­lag te­rug­dink aan daar­die maag­draai-oom­blik, daar­die vonk toe hul­le be­sef het – dít is iets waar­in ek be­lang­stel, dít is iets wat my op­ge­won­de maak, dít is iets waar­voor ek ’n ta­lent het en wat ek dalk vir die res van my le­we wil doen. Dít is my pas­sie.

Ja­co, Mia ( 7) en Em­ma (5) Jacobs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.