Help! Dit brand

Die kans is groot dat jou pienk­voet die een of an­der tyd brand­boud­jies gaan op­doen. Leer hoe om dit te be­han­del en wan­neer om die dok­ter te bel.

Baba & Kleuter - - INHOUD - DEUR JANA LOUW

Die al­ge­meen­ste oor­saak van lui­er­uit­slag of brand­boud­jies is dat jou ba­ba se sit­vlak te lank aan ’n nat of vuil doek bloot­ge­stel was. As dit ge­beur, ir­ri­teer die u­ri­ne en stoel­gang ba­ba se vel­le­tjie en breek dit die na­tuur­li­ke be­sker­men­de la­gie van die vel af. Nat, warm boud­jies is die i­de­a­le teel­aar­de vir bak­te­rieë.

Maar voor jy skul­dig be­gin voel, moet jy ont­hou dat som­mi­ge ba­bas se vel meer sen­si­tief vir sul­ke ir­ri­ta­sies is en op die ge­ring­ste bloot­stel­ling re­a­geer, al ruil jy hul doek el­ke mi­nuut om. Di­ar­ree kan ook ’n rol speel – een stu­die het ge­wys di­ar­ree ver­oor­saak tus­sen 70 en 80 per­sent van brand­boud­jie-aan­val­le!

HOE VOOR­KOM EK DIT?

Voor­ko­ming is die bes­te ge­nees­mid­del, sê die slim men­se, en dit geld ook vir lui­er­uit­slag.

Een van die bes­te wenke vir die voor­ko­ming van brand­boud­jies is om in die laas­te maand van jou swangerska­p al ’n goeie pro­bi­o­ti­kum te be­gin drink, sê sus­ter Het­tie Gro­ve, ’n ba­ba­ken­ner van S­prings in Gau­teng. Pro­bi­o­ti­ka be­vor­der die na­tuur­li­ke bak­te­rie­ba­lans van die lig­gaam en help om di­ar­ree – en dus brand­boud­jies – te voor­kom. Dit kan ook help om swamin­fek­sies soos sproei te keer.

Ba­bas wat va­gi­naal ge­bo­re word, kry pro­bi­o­ti­ka in die ge­boor­te­ka­naal, maar kei­ser­snee­ba­bas nie.

“Kei­ser­snee­mam­mas moet dus so gou moont­lik vir hul ba­ba pro­bi­o­ti­ka gee deur hul­le da­de­lik aan die bors te sit. Gee hul­le ook mon­de­lik­se pro­bi­o­ti­ka,” is Het­tie se raad.

SUPERWENK

Laat jou klein­ding so dik­wels moont­lik kaal­bas in die son­ne­tjie lê. Vars lug ver­rig won­de­re vir ge­wo­ne brand­boud­jies. Maak net se­ker ba­ba lê op ’n wa­ter­dig­te lap­pie om e­ni­ge ver­ras­sings op te vang!

AS VOOR­KO­MING NIE GE­NOEG IS NIE

Soms is selfs die bes­te voor­sorg­maat­re­ëls nie ge­noeg nie. Lui­er­uit­slag kan so­wel jou klein­ding se boud­jies as sy ge­slags­de­le aan­tas en die pyn kan hom hui­le­rig en knie­se­rig maak. Par­ty­keer wil jy som­mer saam­huil.

Om brand­boud­jies reg te be­han­del, moet jy kan on­der­skei tus­sen die ver­skil­len­de soor­te so­dat jy die reg­te me­di­sy­ne kies. So nie, kan jy ge­rus in ’n goeie meng­sel be­lê (lees Het­tie se vier­punt­plan). Jy kan jou ap­te­ker vra om dit vir jou te meng.

1 LUI­ER­UIT­SLAG WEENS IRRITASIE VAN DIE VEL

Lui­er­uit­slag be­gin ge­woon­lik as ’n ef­fen­se rooi­e­rig­heid en ge­ïr­ri­teerd­heid. Dis baie be­lang­rik om da­de­lik werk daar­van te maak al is dit hoe ge­ring, want be­ska­dig­de vel is vat­baar vir swam- en bak­te­rie­se in­fek­sies wat die uit­slag kan ver­er­ger.

BE­HAN­DE­LING Ruil jou ba­ba se doe­ke meer ge­reeld as ge­woon­lik: nat weg­gooi­doe­ke so­wat el­ke twee uur en vuil doe­ke on­mid­del­lik. Maak ba­ba se boud­jies met el­ke doek­rui­ling deeg­lik skoon deur dit met wa­ter en wat­te te was. Jy kan hard­nek­ki­ge stoel­gang met ’n lap­pie met kook­o­lie op ver­wy­der.

Droog dit deeg­lik af – ook in die vel­voue – deur met ’n skoon hand­doek sag­kens daar­op te druk (moe­nie vryf nie). S­meer ’n ge­wo­ne skerm­room aan.

As jou ba­ba ge­du­rig brand­boud­jies kry, kan jy ge­rus ’n an­der soort weg­gooi­doek op die proef stel. Som­mi­ge ba­bas se vel is sen­si­tief vir die stof waar­van die weg­gooi­doek ge­maak is of die seep waar­in lap­doe­ke ge­was word. Voeg so­wat 125 ml a­syn by lap­doe­ke se af­spoel­wa­ter om die in­vloed van die was­poei­er-che­mi­ka­lieë te ver­min­der.

Som­mi­ge ken­ners re­ken ook dit help om ba­ba se boud­jies met rooi­bos­tee te be­han­del. Jy kan hom in flou rooi­bos­tee bad of die nat sak­kies oor sy boud­jies vee.

Ge­wo­ne lui­er­uit­slag be­hoort ná d­rie tot vier dae van be­han­de­ling op te klaar. As dit lan­ger duur of on­danks jou po­gings er­ger word, moet jy ’n kli­niek­sus­ter, ap­te­ker of dok­ter raad­pleeg.

2 BAK­TE­RIE­SE IN­FEK­SIE

Ba­bas se boud­jies is ver­al vat­baar vir bak­te­rie­se in­fek­sie as die vel klaar ef­fens stuk­kend is. Jou ba­ba se boud­jies kan hel­der­rooi en ge­swel lyk en warm voel, en ge­le­ri­ge nat seer­tjies of pui­sies kan vorm. Hy kan selfs koors kry.

BE­HAN­DE­LING ’n Ge­wo­ne skerm­room sal nie nou help nie. Vra jou ap­te­ker vir ’n goeie an­ti­bak­te­rie­se salf soos Bactro­ban. Hou ba­ba se boud­jies skoon en droog. Jou dok­ter sal in erns­ti­ge ge­val­le an­ti­bi­o­ti­ka voor­skryf, wat dit vin­nig be­hoort te laat op­klaar.

3 SPROEI OF ’N SWAMINFEKS­IE

Brand­boud­jies weens Can­di­da- in­fek­sie of sproei be­gin ge­woon­lik met klein rooi kol­le­tjies wat ál meer word tot daar uit­ein­de­lik een groot hel­der­rooi en op­ge­he­we deel is met dui­de­li­ke ran­de en klein rooi kol­le­tjies na­by die gro­ter rooi plek­ke. Die rooi­heid strek tot in die voue van die vel.

BE­HAN­DE­LING ’n Ge­wo­ne skerm­room en an­ti­bak­te­rie­se salf help nie hier­voor nie. Raad­pleeg dus die dok­ter of ap­te­ker. Jou dok­ter sal waar­skyn­lik ’n swam­do­der voor­skryf. Was jou han­de deeg­lik ná el­ke doek­rui­ling.

Swamin­fek­sies is dik­wels al­ge­meen by ba­bas wat an­ti­bi­o­ti­ka ge­drink het. Pro­beer dus om al­tyd ’n pro­bi­o­ti­kum saam met die an­ti­bi­o­ti­kum te gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.