Berg bors­melk vei­lig

Bors­melk is prop­vol won­der­li­ke voe­ding­stow­we en ei­en­skap­pe wat jou ba­ba help ge­sond bly en flo­reer – maar as dit uit­ge­melk en nie kor­rek ge­berg word nie, kan die ge­hal­te daar­van af­neem. Hier is raad oor hoe om jou vloei­ba­re goud te be­waar.

Baba & Kleuter - - INHOUD - DEUR JANA LOUW

PLASTIEKSA­KKIES

’n Paar han­dels­na­me ver­vaar­dig sak­kies spe­si­aal vir uit­melk en berg. Die sak­kies is ont­werp om aan ’n bors­pomp – ge­woon­lik met die­self­de han­dels­naam – vas­ge­plak te word ter­wyl jy uit­melk. Die melk gaan dus reg­uit van jou bors tot in die sak­kie, wat mil­li­li­ter vir mil­li­li­ter af­ge­merk is.

Jy kan ook jou eie plastieksa­kkies ge­bruik – sorg net dat die plas­tiek dik is, sê Lou­i­se

Goo­sen, voor­sit­ter van die Milk Mat­ters-melk­bank in die Wes-Kaap en lid van die SA

Bors­voe­dings­ver­e­ni­ging. Weet ook dat dié ma­nier van berg gou ’n mor­si­ge spul­le­tjie kan word.

GLAS- OF PLASTIEKBO­TTELS OF KOPPIES

Die be­lang­rik­ste is dat die bot­tel of hou­er

’n dek­sel het wat goed pas, sê Lou­i­se. Die hou­er moet na­tuur­lik ook skoon wees. (Dis on­no­dig om toe­be­ho­re te ste­ri­li­seer wan­neer jou ba­ba ses maan­de of ou­er is.)

Som­mi­ge ver­vaar­di­gers van bors­pom­pe maak nut­ti­ge plas­tiek­kop­pies waar­in jy die melk di­rek kan pomp en v­ries.

An­der ver­koop bot­tels son­der tie­te, maar met ’n s­te­wi­ge dek­sel waar­in jy jou melk kan v­ries.

Die voor­deel van laas­ge­noem­de is dat jy nooit melk hoef oor te giet van een berg­plek na ’n an­der nie – jy pomp, v­ries en voed in een bot­tel!

YSBLOKKIEH­OUERS

Giet die melk in die af­son­der­li­ke hol­tes en so­dra dit in blok­kies ge­vries is, kan jy die blok­kies in ’n plas­tiek­sak plaas en v­ries. Hou die sak toe­ge­knoop.

“Dis ’n baie ge­wil­de ma­nier van bors­melk v­ries,” sê Lou­i­se. “Een groot voor­deel is dat jou vries­kas nie vol bot­tel­tjies staan nie.”

Nog ’n voor­deel is dat jy so klein hoe­veel­he­de melk – 25 tot 30 ml – op ’n slag kan v­ries. Dit werk goed as jy weet vier blok­kies is ge­lyk aan een voeding, of as jy ’n vars voeding met ’n blok­kie of twee wil aan­vul.

BES­TE VOOR ...

Merk al­tyd die melk wat vries­kas toe gaan. As jy nie spe­si­aal ver­vaar­dig­de plastieksa­kkies of - bot­tels ge­bruik wat merk­plek bui­te op het nie, kan jy ’n plak­ker of stuk mas­keer­band op die hou­er plak en daar­op skryf.

“Jy hoef da­rem nie die tyd of eens die pre­sie­se dag neer te skryf nie,” sê Lou­i­se.

“Merk die hou­ers as week 1, Maart 2020 of week 3, A­pril 2020.”

Die i­dee is dat jy jou ge­vries­de melk so nuut moont­lik ge­bruik.

As jou hou­er nie af­me­tings aan­dui nie, is dit wys om ook die aan­tal mil­li­li­ters op die hou­er te skryf.

MOE­NIE BE­KOM­MERD WEES NIE AS ...

... jou ont­vries­de bors­melk ef­fens an­ders as vars bors­melk lyk. Dit kan ’n bie­tjie blou, geel of selfs bruin voor­kom. Die lae kon ook ef­fens ge­skei het. Dis nor­maal!

KOEL AF!

Bors­melk ont­vries be­son­der vin­nig.

Hier is ’n paar ma­nie­re waar­op jy dit kan doen.

• Oor­nag in die ys­kas.

Dis ’n uit­ste­ken­de en baie vei­li­ge ma­nier.

• In ’n be­ker lou­warm – nooit ko­ken­de nie! – wa­ter. Dis vir haas­ti­ge ma’s.

• Bui­te die ys­kas. Die duur hang af van waar jy woon – dit sal vin­ni­ger ont­vries op ’n so­mer­mid­dag op U­ping­ton as ’n win­ter­og­gend op Beth­le­hem.

SLIM PLAN

Meng ont­vries­de bors­melk met vars bors­melk as jy meer melk no­dig het.

Melk ’n paar keer uit en v­ries net een keer. Ve­ron­der­stel jy melk d­rie keer per dag uit. Bê­re dié melk dan el­ke keer in ’n af­son­der­li­ke hou­er in die ys­kas. Wan­neer al d­rie hou­ers melk teen die ein­de van die dag die­self­de tem­pe­ra­tuur is, kan jy dit by­me­kaar­voeg en saam v­ries.

Dis ver­al nut­tig as jy by die werk moet uit­melk. Ont­hou net om nie die koue ket­ting te breek nie en die hou­ers melk in ’n koel­sak tot by jou huis te ver­voer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.