DIE FEI­TE

Baba & Kleuter - - JOU PASGEBOREN­E -

6 maan­de

Dis hoe lank jy bors­melk in ’n kis­vries­kas (die soort wat in jou ou­ma se plaas­kom­buis staan) kan bê­re.

3 maan­de

Dis hoe lank jy bors­melk in die vries­kom­par­te­ment van ’n twee­deu­rys­kas kan bê­re.

2 we­ke

Dis hoe lank jy bors­melk in die vries­hok­kie van ’n een­deur-ys­kas kan bê­re.

48 uur

Dis hoe lank jy bors­melk in die ys­kas kan bê­re. As jou ba­ba jon­ger as d­rie maan­de is, is 24 uur in die ys­kas eg­ter ’n vei­li­ger rig­lyn. Ig­no­reer bron­ne wat sê jy kan die melk tot agt dae in die ys­kas hou. Hier­die rig­lyn is ge­ba­seer op ’n aan­na­me dat jou ys­kas se tem­pe­ra­tuur al­tyd 4 gra­de Cel­si­us is. En wie kan dit met se­ker­heid sê?

6 uur

Dis hoe lank bors­melk teen ka­mer­tem­pe­ra­tuur vei­lig bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.