Baba & Kleuter

KRAAM

-

Jy kan enige tyd van 37 weke af begin kraam. ’n Baba wat voor 37 weke gebore word, word as vroeg beskou, en ná 40 weke is jy “oor jou tyd”.

Tot en met agt maande kan jou afsprake met jou dokter of vroedvrou elke twee tot drie weke plaasvind. Daarna gaan jy elke week dokter toe om algemene komplikasi­es soos preëklamps­ie te voorkom.

In die laaste paar weke pas jou hormone aan om jou liggaam voor te berei vir die geboorte en jou borste vir voeding. Jou baba is volledig ontwikkel, maar sy lewensorga­ne groei en ontwikkel steeds

Alles wat jy in die laaste maande van jou swangerska­p moet doen om jou vir jou baba – en moederskap – gereed te maak. om oorlewing te verseker. Al haal jou baba nog nie asem nie, wys sy longetjies asemhaling­sbewegings.

Jou baba help self om veranderin­gs in die vrugwater te bewerkstel­lig deur dit te sluk en dan weer uit te piepie. Sy brein ontwikkel aanvanklik verskrikli­k vinnig, met nuwe sinapse en senuselle wat gevorm word. Dan vind ’n wegsnoeipr­oses plaas waartydens alle onnodige selle verwyder word. Wanneer jou baba gebore word, is sy brein toegerus met al die belangriks­te senuselle.

• Leer oor borsvoedin­g in

en by voorgeboor­teklasse. • Koop solank ’n voorraad weggooidoe­ke, vogdoekies, doeksakkie­s en borskussin­kies.

• Bespreek pynverligt­ingopsies met

jou dokter of vroedvrou.

• Doen ontspannin­gs- en asem

halingsoef­eninge.

• Pak jou hospitaals­ak.

• Kry die babakamer reg.

• Bespreek jou geboorte- opsies met

jou dokter of vroedvrou.

• Doen voorgeboor­te- oefeninge wat jou baba sal help om in die regte posisie te kom: kop na onder in die rigting van die geboorteka­naal. • Fokus op jou liggaamsho­uding en

probeer regop loop.

• Jy kan dalk sukkel om te slaap.

Pak kussings om jou lyf en onder jou bene.

• Die toilet sal moontlik die eerste plek wees wat jy soek wanneer jy uitgaan.

• Laat jou dokter weet as jy enigiets

ongewoons ervaar.

• Koop solank ’n voorraad niebederfb­are kruidenier­sware, bevrore maaltye en versnaperi­ngs.

• Gaan elke week dokter toe.

• Maak seker jy voel jou baba elke

dag beweeg.

• Bel jou dokter as jy bekommerd is –

moenie kanse waag nie.

• Stel ’n doenlysie vir jou en jou

maat op.

• Jy gaan nie baie tyd vir jouself hê ná jou baba se geboorte nie, bederf jou dus nou met ’n haarsny, manikuur en ’n wasbehande­ling voor dit te laat is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa