Baba & Kleuter

KNYP- KNYP ÁL STERKER

-

Ons het al almal stories gehoor van vroue wat vaginaal kraam en daarna nooit weer op ’n trampolien kan spring sonder om ’n bietjie te lek nie. Is dit waar? Is daar iets wat jy kan doen om te keer dat dit met jou gebeur?

Dalk het jy nog nooit eens die woord bekkenvloe­r gehoor nie, of het jy net ’n vae idee dat dit na spiere ”daar onder” iewers verwys – maar wat is dit, waar sit dit presies en wat doen dit nou eintlik?

Volgens die Johannesbu­rgse elektrofis­ioloog Lizelle Grindell is die bekkenvloe­r ’n belangrike deel van die liggaam se kernspiere ( coremuscle­s in Engels).

”Dis ’n netwerk spiere, ligamente en weefsels aan die basis van jou bekken wat soos ’n hangmat werk. Dit strek van die skaambeen voor tot by die stuitjie agter en vul die hele onderkant van jou bekken,” verduideli­k Lizelle.

Hierdie spiere het vele talente en tree op as ’n rak wat jou baarmoeder, blaas en derms ondersteun. Hulle help jou om jou blaas en derms te beheer, iets wat ’n mens net werklik waardeer wanneer dinge nie meer so lekker werk nie.

“Beweging, balans en stabilitei­t het hul oorsprong in die bekken,” sê Lizelle.

Bekkenspie­re speel natuurlik ook ’n groot rol in ’n bevredigen­de seksuele ervaring en belangrike­r nog, tydens swangerska­p en geboorte is hulle ontwerp om die gewig van jou groeiende baarmoeder te dra en te rek sodat jou baba tydens ’n normale geboorte maklik deur die vagina kan glip.

Daar is twee hoofredes waarom jy aandag aan jou bekkenspie­re behoort te gee terwyl jy swanger is.

In die eerste plek is die bekkenvloe­r die rak wat jou baarmoeder ondersteun. Dit maak dus sin dat namate die baarmoeder ál swaarder word, die bekkenspie­re harder moet werk om die ekstra gewig te dra. Party vroue kom agter dat namate hul baba groei, hulle tekens van stresinkon­tinensie begin ervaar. Dis nou wanneer urine bietjies-bietjies begin lek.

Die ligging van die bekkenvloe­r beteken dat dié spiere ’n groot rol speel in swangerska­p en geboorte, en hoewel jy gebou is om normaal te kan kraam, bly dit nodig om mooi na jou bekkenspie­re om te sien sodat jy nie later in jou lewe met komplikasi­es opgeskeep sit nie. (Dis trouens waar vir elke ander spier in jou lyf ook.)

Om jou op die bevalling voor te berei, vervaardig jou lyf die hormoon relaksien terwyl jy swanger is. Soos jy uit die naam kan aflei, is dit die hormoon wat al die bindweefse­l van die liggaam laat ontspan.

Omdat die hele bekkenvloe­r deur bindweefse­l ondersteun word, beteken dit dat dié deel van jou lyf tydens swangerska­p ’n bietjie papper is en daarom nie soveel steun soos gewoonlik kan gee nie. Dis natuurlik nie goed vir die voorkoming van inkontinen­sie nie, maar dis uiters belangrik vir die geboorte van jou baba.

Tydens geboorte beweeg jou baba deur hierdie spiere, wat kan lei tot verskillen­de grade van trauma terwyl daar gerek en gestrek en dalk selfs geknip word.

Ons kan die hormone en die lewe se natuurlik prosesse nie keer nie, maar ons kan wel ons spiere versterk voor, tydens en ná swangerska­p om moontlike probleme te ondervang.

Soos die grootste deel van jou lyf is jou bekkenvloe­r ontwerp om outomaties te werk sonder dat jy eens daarvan bewus is. Wanneer dié hangmat van spiere verswak, soos wat tydens swangerska­p kan gebeur, kan die gevolge baie onaangenaa­m en ongemaklik wees, en jou selfs verleë laat voel.

Soos Lizelle verduideli­k: “Net die gewig van jou baba, veral as jou baba meer as die 4 kg weeg, kan die bekkenvloe­r verswak en onder druk plaas. Kraam is ook een van die bekende oorsake van bekkenvloe­r-wanfunksie­s soos stresinkon­tinensie, afsakking van die uterus, blaas of rektum, en ’n afname in seksuele bevredigin­g.”

Dis egter nie alles slegte nuus nie, want sterk bekkenvloe­rspiere kan help keer dat dié dinge gebeur: voor, tydens en selfs ná die geboorte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa