Baba & Kleuter

Antwoorde op al jou INENTINGSV­RAE

- TER INENTINGSK­EDULE IS DIE BESTE – PRIVA AT OF DIE REGERINGSK­EDULE? AN EK VAN STA AT NA PRIVA AT OF ANDERSOM OORSK AKEL , EN WANNEER MOET EK DIT DOEN?

Suid-Afrikaanse regering se Uitgebreid­e Immuniseri­ngsprogram ( ExpandedPr­ogrammeonI­mmunisatio­n of EPI) laat toe dat alle kinders gratis teen die volgende siektes ingeënt word: polio, tuberkulos­e, witseerkee­l, klem-in-diekaak, kinkhoes, siektes wat veroorsaak word deur Haemophilu­sinfluenza­e B (Hib), rotavirusi­nfeksie, pneumokokk­us-infeksie en masels.

In 2014 is die inenting teen die menslike papilloomv­irus (MPV) wat servikskan­ker veroorsaak, by die staatskedu­le vir negejarige meisies gevoeg. “Die regeringsk­edule is omvattend en een van die bestes in die ontwikkele­nde wêreld,” sê die Kaapstadse pediater dr. Paul Sinclair. In die privaat sektor kan kinders bykomende inentings kry teen waterpokki­es en hepatitis A. Die MMR-inenting (teen masels, pampoentji­es en Duitse masels) is ook in die privaat sektor beskikbaar, sê Lee Baker van die Amayeza-inligtings­entrum, wat ’n inentingsh­ulplyn behartig.

Jy kan hierdie diens tussen 09:00 en 17:00 by 0860 160 160 met enige inentingsv­rae bel.

Die privaat skedule bied die ‘luukse’ inentings,” sê Paul. Die Infanrix Hexa-inenting beskerm teen ses siektes (witseerkee­l, klem-in-die-kaak, kinkhoes, polio, hepatitis B en Hib) en bevat nie die kwikgebase­erde preserveer­middel timerosal nie. Hoewel daar geen bewys is dat die kwik in party inentings skadelik is nie, kan jy hierdie opsie kies as dit vir jou belangrik is.

kan beslis die regering se gratis inentings by ’n staatsklin­iek kry, en hierdie inentings dan aanvul met bykomende inentings wat in die privaat sektor verkrygbaa­r is. Doen dit egter met die hulp van ’n verpleegst­er of dokter.

In die eerste nege maande van jou baba se lewe is die inentings by staatsen privaat klinieke egter identies.

Privaat inentings teen hepatitis A, waterpokki­es en MMR sal nie inmeng met die inentings van die openbare sektor nie en kan dus bykomend toegedien word, sê Lee.

As jy die MMR verkies, sal dit die masels-inenting vervang wat op 18 maande deur die staat toegedien word.

Paul stem saam dat jy van die een opsie na die ander kan oorskakel, maar waarsku dat dit nie ideaal is nie.

”Jy gaan klein aanpassing­s moet maak wat betref die tyd van inenting.”

Bespreek dit egter met jou gesondheid­swerker voor jy voortgaan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa