Baba & Kleuter

KNARS &KOU

-

As jou baba al met selfvertro­ue bakkies pap en puree eet, het dit tyd geword om iets nuuts te beproef: tekstuur.

Om te eet is vir jou baba ’n groot sensoriese avontuur. Die gladde babapurees wat jy nou al sowat ’n maand gee, proe en ruik en lyk almal anders, is nie altyd ewe warm nie, en die hele roetine van die lepeltjie wat mond toe kom was vir jou baba nuut en stimuleren­d. Maak nóú gebruik van jou baba se natuurlike ontdekking­sdrang om nog ’n belangrike eetervarin­g bekend te stel: tekstuur. Dis ’n baie belangrike fase van vaste kos en een van die boustene wat die grondslag vir gesonde eetgewoont­es lê.

Dit stel jou in staat om ’n nog groter verskeiden­heid kosse aan jou baba te bied, dis goed vir haar mond- en kaakontwik­keling (en spraakontw­ikkeling), dit beteken sy sal minder geneig wees om eendag fiemies te hê en dit voer julle ’n stappie nader aan jou groot doel: dat baba teen ongeveer ’n jaar eet wat julle as gesin eet.

Begin deur waar moontlik jou baba se kos eerder met ’n vurk fyn te druk as om dit met die voedselver­werker of stokmenger te verpulp. So sal daarr nog sagte klonte in wees.

Jy kan ook soms growwer soorte ontbytpap gee, soos hawermout of Weet-Bix wat goed geweek is sodat dit sag is, maar steeds meer tekstuur as babapap het.

As jou baba ’n geliefde vleis- en-groentepur­ee het, kan jy tekstuur gee deur ’n lepeltjie koeskoes by te voeg, of baie fyn rys of pasta daarby te meng. Later kan jy die vleis baie fyn sny eerder as om dit te puree.

As jou baba al “kou” aan sy kos en self voorwerpe kan raakvat en mond toe bring, is die tyd reg om vingerkos voor te sit. Baie babas aanvaar ’n vreemde tekstuur baie makliker as hulle dit vir hulleself voer as wanneer dit van ’n lepeltjie af kom. Dis maar ’n morsige affêre, maar beslis die moeite werd weens die voordele wat dit inhou: Jou baba sal meer avontuurlu­stig eet, beter eetgewoont­es ontwikkel, self sy versadigin­gsvlak bepaal én sy ontwikkeli­ng kry

Besige babas (en slim ma’s) behaal dikwels sukses deur lepelvoedi­ng en vingerkos in een sitting te kombineer. Sit vir jou baba ’n bakkie vingerkos neer terwyl jy tussendeur die res van sy maaltyd met die lepel gee.

Begin met sagte vingerkos wat in die mond smelt, soos waatlemoen­blokkies. Verwyder net al die pitte . Of beproef skyfies piesang en blokkies avokado.

Groente en harde vrugte soos appels moet eers gestoom word.

Namate jou baba se vaardighei­d ontwikkel, kan jy balletjies gerasperde kaas, stukkies hardgekook­te eier ene repies sagte vleis gee. Repies pannekoek is ook gewild.

Vir kranige kouertjies kan jy bababeskui­tjies , roosterbro­odvingers en bababilton­g gee.

Meer gevorderde babas sal repies groente, ga aar pasta of tuisgemaak­te aartappels­kyfies in ’n sousie kan doop p. ook ’n lekker hupstoot wwant hy leer onafhankli­kheid en oefen ’n rits vaardighed­e.

Nog ’n groot voordeel van vingerkos is dat jou baba leer hoe die verskillen­de kossoorte apart in hul natuurlike vorm lyk en proe. Dis baie belangrik.

Begin maar geleidelik, moet jou baba nie probeer dwing nie, en wees altyd daar ingeval jou baba dalk verstik.

Jy hoef nie te wag tot jou baba tande het om tekstuur bekend te stel nie. Jou baba sal goed regkom deur met haar tandvleisi­es te kou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa