Baba & Kleuter

EINA! Hy byt!

-

AMoenie alleen voel as jou kind die een is wat ander byt nie. Dis tipiese gedrag vir ’n peuter en dit beteken nie dat jy ’n slegte ouer is nie. s jou peutertjie by die huis of skool begin het om ander kinders te byt, wag ’n stresvolle tyd. Dit kan gebeur dat maatjies by die skool nie met hom wil speel nie en dat hy nie meer genooi word om by ander gesinne te gaan kuier nie. Jy gaan beslis bekommerd wees oor hom en wat moontlik agter die gedrag kan skuil. Hoekom het hy skielik begin byt? Gaan hy ooit daarmee ophou? Wat kan jy doen om dit te beheer? Ons het antwoorde gaan soek.

Volgens suster Ann Richardson, skrywer van (Metz Press), is dit nie ’n mite dat peuters byt omdat hulle tande kry en weens frustrasie nie. Jy sal gelukkig maklik die verskil kan sien wanneer jou kind byt om sy tandvleis te streel (gewoonlik as hy onder twee is) en wanneer hy byt omdat hy kwaad, jaloers, gefrustree­rd of ontsteld is.

“As ’n ander kind jou kind irriteer, sal jy gou agterkom dat hy om ’n emosionele rede gebyt het en nie omdat hy tande kry nie,” sê Ann.

Sy verduideli­k dat wanneer ’n kind nog nie die woorde het om hom mee uit te druk nie, hy dikwels in moeilike situasies kan reageer deur te byt of te stamp. As jou kind ’n introvert is of sensitief is vir sensoriese oorlading, sal hy moontlik op ’n meer uitbundige kind reageer deur te byt.

“Soms is sosiale geleenthed­e met ander kinders of speel met ander kinders eenvoudig te veel vir ’n sensories sensitiewe kind. Hulle begin oorweldig voel in ’n sekere omgewing (te veel sand, te veel speelgoed, te veel geraas) en kan die stimulasie op ’n emosionele vlak nie hanteer nie,” sê sy.

Die beste ding wat jy kan doen as jou peuter ’n ander kind byt, is om weg te loop. Ja, dit klink vreemd en die ander ma’s op die speelgrond sal jou dalk skeef aankyk dat jy jou kind met “moord” laat wegkom, maar jy moet die bytertjie ignoreer, sê Ann.

“As jou kind ’n ander kind byt, draai jou rug op hom, moet niks vir hom sê nie en fokus jou aandag op die slagoffert­jie. Verduideli­k dat wat jou kind gedoen het, sleg is.

“Die bytertjie sal gou die boodskap kry en tot die gewaarword­ing kom dat hy geen aandag vir sy gedrag gaan kry nie.

“Selfs as die slagoffer uitlokkend was, moet jy nog steeds die byter ignoreer deur jou rug op hom te draai wanneer jy die geveg beëindig.”

Volgens Ann is dit waar dat wat by die skool gebeur het, dikwels nie in die eerste plek die byter se skuld was nie – maar wanneer jy jou kind die middag gaan haal, is alle oë op jou gerig en sal jy gekasty word oor wat jou kind gedoen het.

“Jy moet saam met jou kind se juffrou probeer uitpluis hoekom jou kind in die eerste plek byt.

“Probeer die verskillen­de persoon

Moenie reg ná die voorval met die byter raas nie: draai jou rug op hom en gee aandag aan die gebyte kind. likhede identifise­er wat ter sprake is en wat die onderligge­nde probleem is.”

As jou kind by die skooltjie byt, behoort die skool tussenbeid­e te tree en die byter te dissipline­er op ’n manier wat vir hulle werk, solank dit net nie op enige manier op mishandeli­ng neerkom nie. Gesels met jou kind se juffrou en vra wat hulle gaan doen om seker te maak dis reg met jou.

Meestal is die probleem dat daar ’n paar kinders is wat nie met mekaar oor die weg kom nie. Dis ’n goeie idee om jou kind gereeld te waarsku om nie te byt nie, en ook die ander ouers te laat weet dat jou kind soms byt voor jy enige speelafspr­aak maak. Sê ook hulle moet jou bel as daar ’n probleem is, sê Ann.

Die alternatie­f is om jou kind weg te hou van die geselskap van die kind met wie daar dikwels konflik is.

“In ’n neutedop moet jy jou kind se sensoriese profiel verstaan. Is dit dat hy nog nie kan praat nie en geneig is om uit frustrasie te byt? Jy moet begrip hê vir die situasie,” sê Ann.

As jy eers verstaan hoekom hy byt, moet jy jou bes probeer om die swak gedrag te keer of te vermy voor dit begin. Sorg byvoorbeel­d dat speelafspr­ake nie te lank aanhou nie – een uur per ouderdomsj­aar is ’n goeie riglyn. Moet ook nie verwag dat jou kind laat in die dag mooi gaan speel nie, want teen daardie tyd is hy moontlik reeds oorgestimu­leer en dis tyd vir afwen met ’n bad, boek en bed.

Die goeie nuus is dat die bytery mettertyd self verdwyn, maar voorskools­e kinders en selfs ouer kinders sal soms byt as hulle uitgelok word. Doen alles wat jy kan om die oorsaak te vind voor die probleem handuit ruk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa