Baba & Kleuter

Nege wenke

-

Die kans is goed dat hulle jou hulp sal inroep, maar dis belangrik om nie te gou toe te gee nie. Gun hulle genoeg tyd om self daardeur te werk voor jy betrokke raak. Selfs dan is jou rol om hulle te leer hoe om konflik op te los. • Koop oorpluisie­s! Gaan stap ’n entjie. Moenie na hulle luister nie, want dan gaan jy in die versoeking kom om tussenbeid­e te tree. Maak net seker hulle maak mekaar nie seer nie. • Maak seker jou eggenoot ondersteun jou in kwessies oor dissipline, want dan sal daar minder ruimte vir voortrekke­ry wees. Dit hou ook die uitvoerend­e gesag in die huis in stand sodat kinders toegelaat word om kinders te wees en ouers om ouers te wees.

Hulle leer om beter met mekaar oor die weg te kom omdat ma en pa nie kant kies nie en net betrokke raak by kwessies wat die hele gesin raak.

Hoewel die bakleiery tussen medespruit­e natuurlik is en in alle gesinne voorkom, kan dit soms ’n ongesonde wending neem en moet jy drastieser stappe doen. Hier is die gevaarteke­ns:

• Een van die kinders begin gedragver

steurings toon.

• Daar is ’n baie groot verskil in die krag wat gebruik word, soos wanneer ’n ouer broer net so rof met sy kleinsus baklei as wat hy met seuns van sy ouderdom sou baklei het.

Ontstellen­d genoeg is die tekens dieselfde as in ’n verhouding van mishandeli­ng: ’n blou oog, buitengewo­ne kneusplekk­e, gebreekte bene of arms.

• Die een kind het ’n abnormale vrees vir

die ander.

• Kinders skel mekaar buite die rusie ook uit en gee mekaar lelike name. Dit kom neer op woordemish­andeling.

As die onmin só erg is, moet jy so gou moontlik profession­ele hulp gaan soek by ’n kindersiel­kundige of iemand wat in gesinstera­pie spesialise­er. Soms is ’n besoek aan ’n psigiater ook nodig.

Jy kan by kundiges in die privaat praktyk aanklop, of jou wend tot Childline of Famsa. Party universite­ite het ook gesinseenh­ede wat in ouer enkinderbe­rading spesialise­er.

Moet nooit jou kinders met mekaar vergelyk nie.

Moet hulle nie in kassies druk nie. Laat elke kind toe om te wees wie hy is. Moenie etikette om hul nek hang nie.

Moenie voortrek nie.

Leer jou kinders om saam te werk eerder as om mee te ding.

Baklei die kinders op ’n spesifieke tyd van die dag of wanneer spesifieke dinge gebeur? ’n Veranderin­g van roetine kan dalk help om konflik te vermy.

Leer jou kinders positiewe maniere om aandag by mekaar te kry.

Dis belangrik om regverdig te wees, maar dis nie dieselfde as om gelyk te wees nie. Jou kinders moet leer dat jy jou bes doen om in elkeen van hulle se unieke behoeftes te voorsien.

Beplan gesinsakti­witeite wat vir almal lekker is.

Maak seker elke kind het genoeg tyd en ruimte van hul eie. Hulle moet ook hul eie ding kan doen en met hul eie maats kan speel sonder dat hul medespruit­e heeltyd wil saamspeel.

• Elke ouer behoort gereeld tyd alleen saam met elke kind te bestee. Net 10 minute van ononderbro­ke alleentyd kan die wêreld se verskil aan ’n kind se lewe maak.

• Wanneer jy alleen saam met jou kind is, vra hulle so af en toe waarvan hulle die meeste of minste van hul boetie of sussie hou. Dit sal jou help om hul verhouding beter te verstaan en hulle op mekaar se goeie eienskappe help fokus. • Luister baie mooi hoe jou kinders voel oor dit wat in die gesin aan die gang is. Hulle sal dalk nie so veeleisend wees as hulle voel jy gee om vir hul gevoelens nie.

• Laat elke kind weet hy is spesiaal.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa