Baba & Kleuter

GRENDELSTA­AT, of staat vangrasie

-

Ons het dit nie sien kom nie en selfs al hét ons, sou niks ons kon voorberei op die uitdagings wat ’n staat van inperking aan ouers en hul jong kinders stel nie.

Ek en Carla is van die bevoorregt­es, moet ek uit die staatspoor sê.

Hier is plek op ons erf waar die kinders veilig kan rondhardlo­op, ’n kamer vir Ben en vir Edie, plek vir ons om vir ’n oomblik in stilte te gaan asem skep of “weg te kruip” as alles net te veel raak.

Ek sidder om te dink hoe dit moet wees vir gesinne wat ’n klein ruimte moet deel in die tyd van maskers, handreinig­ers en sosiale distansiër­ing. Ondenkbaar, eintlik.

Laat ’n mens dink aan George Orwell se gewigtige woorde in sy bekroonde boek

waar die vark sê: ”All animals are equal, but some animals are more equal than others.”

Ondanks dié seëninge bly die situasie een wat ons almal raak, selfs al verskil die vlakke van ongerief radikaal.

Die ergste vir my is dat my kinders nie kan verstaan waarom sekere goed nie meer kan gebeur nie.

Vir Ben, op ’n maand na ses jaar oud, kan ’n mens nog probeer verduideli­k. Hy verstaan die begrip dat daar iets is wat almal in die hele wêreld siek maak en al manier waarop ons veilig kan bly, is om kontak met ander mense te vermy, hande te was, nie aan ons gesig te vat nie en in die waai van ons arm te hoes en nies.

Hy mis sy maatjies, sy skool en na-uurse aktiwiteit­e, hy mis sy mense. Tog verstaan hy hoekom hy hulle nie kan sien nie.

Maar hoe verduideli­k ek aan die tweejarige Edie dat haar Meme (ons onvervangb­are kinderoppa­sser Memory) nie enige oomblik by die agterdeur gaan instap met die gebruiklik­e “morning my little princess” nie.

Sy staan elke oggend getrou daar en wag, klokslag om halfnege. “Meme, come, Meme, come.”

Hoe verduideli­k ek dat oupa en ouma nie kan kom kuier nie. Dat hulle nie in die selfoon “woon” net omdat sy hulle tydens ’n video-oproep op Skype op die skerm gesien het nie.

Sy klouter bloot op die stoel by die eetkamerta­fel, vat die selfoon wat daar lê en hou dit vraend na my of haar ma uit met die woorde “oupa-ouma praat”.

As daar een ding is wat die pandemie ons as ouers geleer het, is dit hoe om ons eie (grootmens) tersyde te stel en met volle aandag te luister na wat ons kinders sê; om met toegewyde oë te kyk na wat hulle doen.

In normale omstandigh­ede gaan so baie sulke juweeltjie­s verlore.

Jou daaglikse roetine word so streng toegepas dat jy mettertyd met een oor leer luister terwyl jou aandag elders is. Jy kyk, maar jy sien nie werklik nie.

Met inperking is die situasie op sy kop gekeer. Ek sal nie nou-nou, nadat die kinders ontbyt gekry het, gaan skeer, stort, kantoorkle­re aantrek, in die kar klim en werk toe ry nie.

Ek gaan ontbyt maak en dan sit en luister hoe hulle twee gesels. Ek gaan kyk hoe hulle speel, hoe die verhouding tussen ’n boetie en sussie ontwikkel.

Die tye dwing ons tot ’n dieper insig oor ouerskap. Oor die absolute verantwoor­delikheid daarvan om kinders in die vormingsja­re tot jou beskikking te hê, sonder die afleidings van die lewe daar buite wat jou toewyding dikwels vertroebel.

Ek put groot genot uit die feit dat ek Ben in dié tyd geleer het hoe om sy skoenveter­s vas te maak, na die muurhorlos­ie te kyk en te verstaan hoe laat dit is, self sy broodjie te smeer en onder toesig sy eie rooibostee te maak.

Hy help my onkruid in die tuin uittrek, vou sy klere op en pak dit in die kas, hy maak

met watter boumateria­al hy ook al in die garage kan vind. Hy ken nou my en Carla en ouma se selfoonnom­mers uit sy kop en kan dit neerskryf, hy bou legkaarte en teken en verf en skryf vir ’n vale.

Edie “borsel” self haar tande, sê of sy saans wil “showa” (stort) of “battie-bat” ( bad), sy “eksperimen­teer” met al die uitrusting­s in haar klerekas en sy takel een spesifieke muur in haar kamer met kleurkryte – moet dit net nie durf skoonmaak nie!

Dis steeds ’n uitdaging, ja. Dis frustreren­d om nie met hulle op die strand te kan gaan stap of vyf straatblok­ke van hier af by die skoonouers te gaan kuier nie.

Die konstante vrae (“kan ’n die koronaviru­s kry?”) en onredelike versoeke (“kan ek ’n bietjie TV kyk, pappa?”) is uitputtend. Die oorverdowe­nde lawaai gedurende speeltyd, die geneul en trane oor wat ook al dryf ’n mens soms tot raserny.

Maar dit weet ek na dese: Hierdie is ’n spesiale tyd saam met Ben en Edie. Hierdie is geleende tyd.

Dis bowenal kosbare tyd saam met my kinders wat ek waarskynli­k nooit weer so intens gaan ervaar wanneer die vervlakste pandemie eendag sy ry gekry het nie.

Ek put groot genot uit die feit dat ek Ben in die tyd geleer het hoe om sy skoenveter­s vas te maak, self sy broodjie te smeer en sy eie tee te maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa