Baba & Kleuter

# PolliNatio­nSA

-

Dis lente en julle is weer lus vir tuinwerk, nè?

Kry inspirasie deur aan te sluit by Candide (’n gratis tuin-toep) se #PolliNatio­nSA-beweging, waar jy leer om ’n by-vriendelik­e tuin te skep. #PolliNatio­nSA het ten doel om bewustheid oor bye en hul behoeftes te skep. Help bye met jou plantkeuse­s en hoe jy plante saam kan groepeer sodat bye hulle maklik kan vind. Dit gaan baie mooi lyk op jou Instagram-blad – ons belowe. Gesels dan sommer ook met jou kinders oor bye en hoe om op te tree as enetjie dalk naby kom of op hulle sit. Paniek is nie nodig nie! Bye is ’n baie belangrike deel van die ekostelsel en is verantwoor­delik vir die bestuiwing van sowat ’n derde van ons kosoeste, asook baie inheemse plantspesi­es.

Nog inligting: candide.co.za of @ candideapp­za.

Ons is drie keer meer geneig as Amerikaner­s om 60 uur per week te werk, al trek ons wette die streep by 45 uur per week.

Jou geestesges­ondheid en geluk hang af van ’n goeie balans tussen werktyd en tyd vir jouself. Talle studies het dit al bewys, maar ’n mens het nie eintlik ’n studie nodig om dit te weet nie. Jou gesonde verstand sê dit vir jou. Maar luister Suid-Afrikaners? Klaarblykl­ik nie. Die Organisati­on for Economic Co- operation and Developmen­t (OECD) het

37 ryk lande se werksure en - gewoontes bestudeer en vergelyk. Suid-Afrikaners werk die hardste. Net meer as 18 persent van ons werk meer as 50 uur per week. Ons is drie keer meer geneig as Amerikaner­s om ’n 60- uur-week te werk, al trek ons wette die streep by 45 uur per week. Dis dus geen verrassing dat wanneer dit by geluk kom, ons heel laaste op die lys is nie, aldus die World Happiness Index wat jaarliks deur die Verenigde Nasies uitgegee word. En elders? Die Duitsers werk die minste, maar is bekend daarvoor dat hulle baie produktief is ... tot 27 persent meer produktief as die Britte.

 ??  ?? candide.co. za
candide.co. za
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa