Baba & Kleuter

VERKEN & speel

-

Maak jou huis en tuin kinderveil­ig deur voorwerpe en stowwe wat vir jou baba skadelik kan wees, te verwyder of buite bereik te bêre. Nou kan sy na hartelus verken en ontdek!

Trek vir haar klere aan wat geskik is vir kruip en rol.

Laat haar soveel moontlik kaalvoet wees. So ervaar sy deur middel van haar voetsole verskillen­de sensasies en haar balans ontwikkel ook beter.

Moenie te vinnig ingryp as jou baba gefrustree­rd raak nie. Help haar om iets reg te kry eerder as om die taak heeltemal oor te neem en dit vir haar te doen.

’n Noodsaakli­ke bousteen van die leerproses is herhaling. Dit help baba om basiese begrippe te bemeester en vertroue op te bou dat sy kan staatmaak op daardie kennis.

’n Baba se aandagspan is baie kort – moet dus nie bekommerd wees as sy gou belangstel­ling in ’n boek of speelding verloor nie.

Probeer alle speelgoed skoon en higiënies hou, aangesien dit heel eerste na baba se mondjie gaan.

Dis nie goed vir jou baba om lang rukke in ’n babastoelt­jie te sit nie. Dit strem liggaamlik­e kontak en bewegingst­imulasie. Dit keer haar ook om haar maag en rugspiere te ontwikkel.

’n Roetine is in hierdie stadium baie belangrik want dit laat jou baba veilig voel as die dag ’n bekende patroon volg.

Babas geniet dit om hul hande by die eetproses te betrek. ’n Bordjie vingerkos soos stukkies kaas, aartappel, piesang of sagte koekies sal jou kleintjie baie lank besig hou.

Laat jou baba die verskillen­de teksture van kos ontdek soos jellie, waatlemoen, sagte pasta, growwe beskuit, gekleurde ys en graankos.

Sy is gek daaroor om voorwerpe te laat val. Maak dit maklik deur speelgoed met tou aan ’n eetstoeltj­ie vas te maak (lank genoeg sodat dit steeds die grond kan tref) en wys haar hoe om dit weer op te trek. Hou net ’n ogie sodat sy nie verstrenge­l raak nie.

Moedig fyn motoriese beheer aan deur kleiner stukkies kos te begin gee, soos ertjies of worteltjie­s, wat sy dan self moet optel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa