Baba & Kleuter

E- pos uit die buiteland

-

ODuits as skooltaal, ’n Switserse dialek, skool toe ploeg deur die sneeu, handwerk as vak ... sy is so trots op hoe haar twee spruite by die lewe in Switserlan­d aangepas het, skryf Maryke Stain.

ns gesin woon sedert Maart

2018 in Zürich, Switserlan­d. My man, Michael, werk by UBS as ’n welvaartbe­stuurder vir Suid-Afrikaners wat hul geld in Switserlan­d wil belê. Ek is ’n juffrou van beroep, maar sedert ons in Switserlan­d kom woon het, is ek net ’n huismamma vir Mieke (11) en Allan (9).

Ons het geweet dat die groot trek na Europa sy uitdagings gaan bied, en as ek vandag terugkyk is ek veral trots op ons kinders, wat die toets met vlieënde vaandels geslaag het. Die skoolstels­el in Zürich is Duits en die kinders is sommer dadelik aan die diepkant ingegooi. Hulle het albei die nuwe uitdaging met ope arms verwelkom, in ag genome dat Duits die basis-onderrigta­al is, maar dat die mense eintlik Switserse Duits praat, ’n dialek wat heel anders as formele Duits is.

Binne net ses maande het die kinders vlot Duits én Switserse Duits gepraat. Ek glo vas dat hul Afrikaanse agtergrond hulle gehelp het om die twee nuwe tale so vinnig baas te raak. Mieke het vanjaar met Frans-lesse begin. Ons is so trots.

Van graad 1 tot graad 3 word baie klem gelê op die vakke huistaal (Duits) en wiskunde. Handwerk en lewensorië­ntering geniet ook baie aandag in die skole. Daar is ’n baie goeie balans wat al hierdie verskil

lende leeraktiwi­teite betref. Die kinders geniet dit om hul handgemaak­te produkte huis toe te bring en het baie kreatief geword. Ouers word een keer per kwartaal na ’n besoekogge­nd in die klaskamer genooi.

Dis vir my as ’n juffrou heerlik om die Switserse leeromgewi­ng te beleef. Daar word geen onderskeid tussen skole getref nie. Jy gaan na die skool wat naaste aan jou huis is en klaar; geen toegewings word gemaak nie. Almal is op dieselfde standaard en word deur die Gemeindeha­us (munisipale kantoor) bestuur. Die kinders kom smiddae tussen 12:00 en 13:40 vir middagete huis toe en keer dan terug skool toe tot omtrent 15:30.

Ons leef in ’n veilige omgewing. Geen kinders word by die skool deur ’n mamma of pappa afgelaai nie. Die kinders stap sommer self saam met die maats van die buurt skool toe en terug. Die skole beveel dit ook van ’n baie jong ouderdom af aan en die kinders is baie onafhankli­k wat dit betref – selfs al lê die sneeu meters diep! Onderwyser­s word ten volle met die kinders vertrou en ’n juffrou mag op die ingewing van die oomblik besluit dat sy die middag ná middagete die kinders na die woud, meer of selfs op ’n trein iewers heen wil neem – sonder vrywarings­vorms!

Skole bied geen buitemuurs­e aktiwiteit­e aan nie. Woensdae gaan die kinders net tot 12:00 skool om hul die vryheid te gee om ’n sport te beoefen by ’n klub van hul keuse. Baie van die klubs het ook oor naweke wedstryde.

Mieke hou van hip hop, klavier en tennis, terwyl Allan hokkie, rugby, tennis en stoei geniet.

Naweke geniet ons gesin dit om in die berge te gaan stap. Ons stap langs die mooiste bergroetes met watervalle en valleie sover jy kan sien. Ons woon langs die Zürich-meer en wanneer dit in die somer lekker warm is, spring ons sommer in die meer! Ons kinders ervaar vir die eerste keer vier seisoene soos dit in elke inkleurboe­k geïllustre­er word. Warm somers. Herfsblare getooi in rooi, geel, bruin en oranje. Die pragtigste bloeisels in die lente en natuurlik ’n spierwit, sneeubedek­te winter.

’n Groot pluspunt is dat Switserlan­d baie sentraal in Europa geleë is. Dis dus vir ons baie maklik om vinnig ons buurlande (Frankryk, Duitsland, Oostenryk en Italië) te besoek.

Ek glo dat die twee jaar in Switserlan­d vir Mieke en Allan wêreldburg­ers gemaak het, ’n sin vir onafhankli­kheid geleer het en hulle geleer het dat verskillen­de kulture gerespekte­er moet word. Wanneer kinders grootword met ’n sin van erkenning en waardering vir ander mense (maar veral kinders) se agtergrond en kultuur, leer hulle dat jy nie hoef in te pas nie, maar eerder om elkeen se uniekheid te omhels en net jouself te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa