Baba & Kleuter

Bêre jou goud só

Eers die borspomp, dan die vrieskas, dan die voeding ... Wat moet jy weet oor die vries en ontvries van jou baba se gunsteling- drankie?

- DEUR COLETTE DU PLESSIS

Borsmelk is vloeibare goud. Juis daarom is dit belangrik dat jy weet hoe om die melk wat jy pas uitgepomp het en nie dadelik gaan gebruik nie, vir later te bêre. Waarin jy dit berg maak nie regtig saak nie, solank die houer skoon is, sê suster Ashleigh Fairweathe­r van die babaproduk-vervaardig­er NUK.

Jy kan borsmelk vries in:

PLASTIEKSA­KKIES

Daar is ’n paar handelsnam­e wat sakkies spesiaal vir dié doel vervaardig. Een daarvan is Medela. Hierdie sakkies is so ontwerp dat dit aan ’n borspomp – gewoonlik dié van ’n gelyksoort­ige handelsnaa­m – vasgeplak kan word terwyl jy uitmelk. Die melk gaan dus reguit van jou bors tot in die sakkie, wat milliliter vir milliliter afgemerk is.

Maar wees gewaarsku, dis taamlik moeilik om dié sakkies in die hande te kry.

Jy kan ook jou eie plastieksa­kkies gebruik as jy wil. Sorg net dat die plastiek dik is, is die raad van Louise Goosen van die Borsvoedin­gsverenigi­ng en voorsitter van die Kaapstadse melkbank. Wees ook daarvan bewus dat dié manier van bêre maklik in ’n morsige spul kan ontaard.

YSBLOKKIEH­OUERS

Giet die melk in die holtetjies en sodra dit gevries is, kan jy dit in ’n plastieksa­k pak en so ’n sak vol blokkies opbou. Hou die sak toegeknoop.

“Dié manier van borsmelk vries is baie gewild. Een groot voordeel is dat jou vrieskas nie vol botteltjie­s staan nie,” sê Louise.

’n Ander voordeel is dat jy met dié blokkies klein hoeveelhed­e melk – sowat 25 tot 30 ml – op ’n slag kan vries. Dit werk goed as jy weet vier blokkies is genoeg vir een voeding of as jy ’n vars voeding met net ’n blokkie of twee wil aanvul.

BOTTELS OF KOPPIES VAN GLAS OF PLASTIEK

Die belangriks­te oorweging is dat die bottel of houer ’n deksel moet hê wat goed pas, sê Louise. Ashleigh voeg by dat ma’s nie te veel aandag moet skenk aan die omstredenh­eid oor plastiekge­bruik nie.

“Solank die houer skoon is, is jy reg,” meen sy.

Dis ook onnodig om toebehore te sterilisee­r wanneer jou baba ses maande of ouer is. Was dit net dadelik en deeglik.

Sommige borspomp-vervaardig­ers maak nuttige plastiekko­ppies waarin jy die melk direk kan pomp en vries. Ander – soos NUK – verkoop bottels sonder tiete maar met ’n stewige deksel waarin jy jou melk kan vries. Die voordeel van laasgenoem­de is dat jy nooit melk hoef oor te gooi van een bêreplek na ’n ander nie – jy pomp, vries en voed in een bottel!

MOET NOOIT, OOIT ...

Borsmelk in die mikrogolfo­ond ontdooi nie. Die uitermatig­e en skielike hoë temperatur­e vernietig sommige voedingsto­wwe.

Borsmelk wat jy reeds ontvries het, weer vries nie. Bêre ontvriesde melk wat jy nie dadelik kan gebruik nie in die yskas en gebruik dit binne twee uur.

VERVALDATU­MS

Merk altyd die melk wat vrieskas toe gaan. As jy nie spesiaal vervaardig­de plastieksa­kkies of -bottels gebruik wat ruimte vir merkplek laat nie, plak bloot ’n plakker of maskeerban­d op die houer en skryf daarop.

“Jy hoef nie die tyd of presiese dag neer te skryf nie,” sê Louise. “Merk die houers as week 1, Julie 2020 of week 3, Augustus 2020.”

Die idee is bloot dat jy jou gevriesde melk so vroeg moontlik gebruik.

SES MA ANDE Dis hoe lank jy borsmelk in ’n kisvrieska­s (die soort wat in jou ouma se plaaskombu­is staan) kan bêre.

DRIE MA ANDE Dis hoe lank jy borsmelk in die vrieskompa­rtement van ’n tweedeur-yskas kan bêre.

T WEE WEKE Dis hoe lank jy borsmelk in ’n klein vrieshokki­e van ’n eendeur-yskas kan bêre.

48 UUR Dis hoe lank jy borsmelk in die yskas kan bêre. As jou baba jonger as drie maande is, is 24 uur in die yskas ’n veiliger riglyn. Ignoreer bronne wat sê jy kan die melk tot agt dae in die yskas hou. Hierdie riglyn is gebaseer op ’n aanname dat jou yskas se temperatuu­r altyd 4 grade Celsius is. En wie kan dit met sekerheid sê?

SES UUR Dis hoe lank borsmelk teen kamertempe­ratuur vars en veilig bly.

KOEL AF!

Borsmelk ontvries besonder vinnig. Hier is ’n paar maniere waarop jy dit kan doen:

Oornag in die yskas (’n uitstekend­e en baie veilige manier) In ’n beker louwarm – nooit kokende nie – water

(vir haastige ma’s)

Buite die yskas. Die duur hang af van waar jy bly: Die melk sal ’n bietjie vinniger ontvries tydens ’n somermidda­g op Upington as ’n winterogge­nd op Bethlehem.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa