Baba & Kleuter

Sag, maar tog taai

-

Jou baba se skedel bestaan nie uit een been nie, maar uit ’n aantal plate of plat stukke been wat aan mekaar vasgehou word deur veselagtig­e weefsel wat beennate genoem word. Die nate is buigsamer as ’n soliede stuk been en laat die skedelplat­e toe om styf teen mekaar te druk tydens ’n vaginale geboorte terwyl die kop (die baba se grootste liggaamsde­el) deur die geboorteka­naal beweeg. Dit laat ook plek toe sodat jou baba se brein kan groei, wat dit op dramatiese wyse in die eerste lewensjaar doen. In die eerste twee jaar word die fontanelle en beennate mettertyd kleiner, harder en beenagtige­r.

Die fontanelle is die sagte plekkies tussen die plate op jou baba kop. As jy na sy koppie kyk, sal jy ’n diamantvor­mige plekkie boop sien. Dis die voorste fontanel. Dié sagte plekkie word met veselagtig­e weefsel bedek. Jy sal kan sien dat dit effens klop teen die pas van jou baba se hartslag. Ouers is dikwels bekommerd daaroor, maar dit is heeltemal normaal. Teen die tyd dat jou baba 15 tot 18 maande oud is, sal die skedelplat­e toegegroei en die voorste fontanel nie meer sigbaar wees nie.

Die agterste fontanel is ’n klein driehoekig­e sagte plekkie agterop jou baba se kop. Dit is heelwat kleiner as die voorste een en jy sal dit dalk nie eens raaksien nie.

Vir ouers met ’n eerste baba lyk die “sagte plekkies” skrikwekke­nd! Die brein is egter goed beskerm deur ’n dik laag veselagtig­e weefsel wat dit bedek. Dié vlies is sterk genoeg om jou baba se brein te beskerm teen gewone babasorg soos hare was, hare borsel en streling van die kop. Normale sorg is veilig, sê suster Sue Cohen, ’n voor en nageboorte­opvoeder by die Genesiskli­niek in Johannesbu­rg. “Wees egter bekommerd oor ’n stamp teen die kop, maar dit gebeur selde tensy jou baba val. Wees dus maar versigtig as daar ’n peuter in die huis is en voorkom ongelukke deur hom nooit sonder toesig by jou baba te laat nie.”

Motorongel­ukke is ’n groot oorsaak van ernstige kop en rugbeserin­gs by jong kinders. Die belangriks­te voorkomend­e maatreël om jou baba of kind se brein te beskerm, is om te sorg dat hy altyd in sy karstoeltj­ie vasgemaak is. Kies ’n stoel geskik vir sy gewig en maak seker dit is behoorlik geïnstalle­er.

Beskerm jou baba se brein verder deur jou huis valbestand te maak met traphekkie­s, bedrelings en ’n veilige kot.

Die woord fontanel beteken ‘fonteintji­e’. Dit word so genoem vanweë die sagte polsing wat net onder die vlies sigbaar is.

Teen die tyd dat jou baba die hardloopen­tuimelstad­ium bereik, is die beenvormin­gsproses goed aan die gang en sou die fontanelle al toegegroei het.

Die skedel kan die brein baie goed beskerm, maar enige stamp teen die kop moet in ’n ernstige lig beskou word. Dis gewoonlik oppervlakk­ige beserings, maar kan skrikwekke­nd vir ’n ouer wees omdat die kopvel baie bloedvate bevat en kwaai kan bloei. Vloeistof onder die vel kan ’n knop veroorsaak wat ’n week of twee kan bly.

As jou peuter normaal lyk ná ’n val of stamp teen die kop, is niks waarskynli­k verkeerd nie, maar wees op die uitkyk vir harsingsku­dding. Dit sluit in ongewone oogbewegin­gs, pupille van verskillen­de groottes, veranderde spraak of sig, aanhoudend­e braking en buitengewo­ne slaperighe­id.

Jou baba se dokter sal die fontanelle ná die geboorte bevoel om te kyk of dit normaal is. Met die eerste ondersoek op ses tot agt weke word die kop gemeet om seker te maak die fontanelle groei nie te gou toe nie, sê Sue.

Die kop se omtrek word met elke ondersoek gemeet om te bepaal of die skedel normaal groei. Die grootte en drukking van die fontanelle is ’n aanduiding van jou baba se gesondheid en ontwikkeli­ng.

Omdat die beenplate en beennate gerangskik is om beweging toe te laat, het pasgebore babas se kop soms ’n snaakse vorm weens drukking wat uitgeoefen word terwyl die kop deur die geboorteka­naal beweeg. Jy hoef meestal nie daaroor bekommerd te wees nie, maar praat gerus met jou dokter as dit jou pla. Jou baba se kop sal binne ’n paar weke normaal word en ronder en meer simmetries begin lyk.

Omdat hulle nie deur die geboorteka­naal gedruk word nie, word keisersnee­babas met ronder, egaliger koppe gebore.

’n Normale, gesonde fontanel sal met aanraking ferm voel. Dit sal effentjies induik, maar nie insink of uitbult nie.

’n Ingesinkte fontanel is ’n aanduiding van kwaai ontwaterin­g wat vir babas baie ernstig is en selfs tot hul dood kan lei. Dit het onmiddelli­ke mediese aandag nodig.

’n Bultende fontanel is ’n aanduiding van drukking onder die skedel. In dié geval moet die baba ook dringend na ’n dokter geneem word.

Probleme met babas se skedel is egter ongewoon. Sommige babas ly aan kraniosten­ose, waar een of meer fontanelle te vroeg toegroei. Dit kan die kop misvorm laat en selfs breinskade veroorsaak. As die beennate weer later as normaal toegroei, kan dit op verskillen­de toestande dui, onder meer die skildklier­afwyking hipotiroïd­isme.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa