Baba & Kleuter

Magietyd is ’n moet

-

Petro Hanekom weet hoe belangrik dit is dat haar seuntjie van vier maande tyd op sy maag deurbring, maar dis makliker gesê as gedaan. “Hy skop ’n enorme kabaal op elke keer as ek hom op sy maag neersit. Ek los dit dan maar, want hy’s so hewig ontsteld dat hy geen voordeel trek uit die drie sekondes wat hy op sy maag is nie. Dit bekommer my, want sy nekkie is nog baie pap en van my vriendinne se babas is ’n maand jonger en het al sterk nekkies,” vertel dié ma van Kaapstad.

Dis geen wonder Petro se aapstert is so teen magietyd gekant nie, want dis harde werk – soortgelyk aan ’n hele stel opstote en opsitte vir jou, sê die Johannesbu­rgse arbeidster­apeut Samantha Toweel-Moore.

Bygesê, elke baba ontwikkel teen sy eie pas.

“Babas lig hul kop om hul oë gelyk te kry met die oppervlak waarop hulle lê. As jou baba wanneer hy rus te min weerstand in sy spiere het (dit staan bekend as lae spiertonus), het hy dalk nie genoeg spierbehee­r in die spiere wat na sy nek en rug strek nie,” verduideli­k Samantha.

“Dit maak dit vir hom moeilik om sy kop te lig, en om met sy gesig na onder te lê is dan ongemaklik. Maar om nek- en rompbeheer te ontwikkel, moet jou baba leer om kort rukkies op sy magie deur te bring.

“Jou baba het iemand nodig om hom te motiveer en aan te moedig, en wat oor die regte kennis beskik om magietyd reg aan te pak,” sê Samantha.

“Nes grootmense in die gim het hy ’n persoonlik­e afrigter nodig. En daardie afrigter is jy!”

Hou magietyd aanvanklik baie kort sodat jou baba nie oorweldig voel nie. Namate jou baba sterker word, kan jy die tydsduur rek.

Hou dit prettig deur speelgoed en ’n speelmat deel van magietyd te maak.

Moenie jou baba ontstel nie. As hy protesteer, probeer sy aandag aftrek of sy posisie ’n bietjie verander sodat dit hom help om langer uit te hou, maar moet nooit toelaat dat hy werklik ontsteld word nie.

As jou baba aanvanklik niks van magietyd hou nie, kan jy begin deur ’n handdoek in ’n worsie op te rol en dit onder sy bors en armholtes te plaas om hom te ondersteun. Dit sal vir hom makliker wees om sy kop te lig en hy sal nie die gevoel kry dat hy gaan versmoor as hy nie sy kop gelig kry nie.

In moeilike gevalle kan jy ook probeer om jou baba eers oor jou bobeen te laat lê en hom liggies heen en weer te wieg. Dit sal hom aanmoedig om sy koppie te lig.

As jou baba baie traag is om sy nek te

Moenie jou baba op sy maag laat slaap nie. Dit is een van die risikofakt­ore vir wiegiedood. Draai hom op sy sy as hy op sy maag aan die slaap raak. oefen, kan jy ook probeer om langs hom te lê sodat jul maag en gesig na mekaar gedraai is. Trek dan interessan­te gesigte of maak geluide wat hom sal interessee­r. Jy kan ook speelgoed voor jou hou op ’n posisie wat hom sal noop om sy kop te lig om dit te sien.

’n Klein spieëltjie is ook ’n goeie motiveerde­r vir ’n baba om sy kop te lig. Die weerkaatsi­ng in die spieël sal iets interessan­ts wees wat jou baba sal wil ontdek, al kan hy hom nog nie daarin herken nie.

As dié wenke nie werk nie, laat jou kind gerus evalueer deur ’n fisioterap­eut met opleiding in neuroontwi­kkeling. Sy sal jou kan sê of jou baba bloot meer tyd nodig het, of meer hulp moet kry.

Optiphi se Elements Baby & Kids is nuut op die rak en bestaan uit: Elements Slumber Massage Oil (R180), Nurture & Nourish Lotion (R276), Complete Gentle Wash (R276), Honey Bum Balm (R233,99) en Sun Protection SPF 50 (R438).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa