Baba & Kleuter

DEURNAGDRA­MAS

-

Ek is gaande oor Baba & Kleuter

tydskrif! Baie dankie vir al die harde werk wat dit moet kos om keer op keer so ’n oulike tydskrif uit te gee!

Ek wil graag hierdie storie oor middernagt­elike wakkerblys­essies wat met mamma wees gepaardgaa­n, met julle deel.

Wie is tans saam met my wakker? As jy ’n mamma is (of selfs soon

to be, want daai klein lyfie bons behoorlik op jou blaas hier teen die einde) is die kans goed dat jy die een of ander tyd in die nag op is.

Of dit nou borsvoedin­g of bottelvoed­ing is, piepies en sopnat bednatmaak­want- die- doek het- gelek, die gewone nommer twees se doekruil of die buitengewo­ne projektiel­e oepsies en waterkaske­nades (ons het een keer die fout gemaak om toe te laat dat ouboet heeltemal te veel olywe eet en het die gevolge daarvan behoorlik gedrá!).

Of dit tandekry, koors of wakker hoes, snotneusie­s of selfs nagangstig­heid is – van middernagt­elike wakkerwees- sessies weet ons mammas alles. Vanaand is ek weer on the clock. My boetiebaba drink elke twee uur. Gulsige knapie, dié.

Ek het vanaand gelukkig die kans gekry om vroeg in die bed te kruip, dus kon ek darem ’n voornagsla­pie inkry! Maar wee o wee, môre voel dit maar weer of ek in die twilight zone

rondsweef, al hoogtrappe­nde met ’n wollerighe­id in my kop.

In elk geval, medemamma, dit sal ook verby gaan. Vasbyt en sterk wees. Maak daardie tweede koppie oggendkoff­ie (in my geval is dit nader aan ’n blokkie fudge, al is dit agtuur soggens).

Mamma, jou opoffering­s en min slaap word raakgesien. En ons gaan anderkant uitkom. En op die ou einde gaan dit okay wees. ALYSSA LOFTUS ( MEDICINE MOMMY ), GEORGE, WES - K A AP

 ??  ?? Alyssa en Wynand Loftus met Wynand jr. (3) en Neil (1).
Alyssa en Wynand Loftus met Wynand jr. (3) en Neil (1).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa