Baba & Kleuter

Ons facebookma’sdeel

Noem een eienskap van jouself wat jy wens jou kind of kinders by jou kan leer.

-

Geduld en opstaan vir waarin jy glo. Heidi Smith (32), Centurion, Gauteng

Wysheid vir elke faset en gebeurteni­s van sy lewe. Sagmoedigh­eid, sin van verantwoor­delikheid, dankbaarhe­id vir alles, blydskap in alles, ’n positiewe uitkyk op die lewe en om te kan lag vir die krul van ’n duisendpoo­t. Lizelle Schoonwink­el (31),

Meyerton, Gauteng

Dat ongeag wat in haar lewe gebeur, sy altyd die mooi in alles sal sien en positief sal bly. Chantelle Navias (29), Lephalale, Limpopo

Om altyd te help waar hulle kan, maak nie saak hoe klein die probleem is nie. Heidi

Kotze (29), Kaapstad, WesKaap

Wees mooi, vriendelik en geduldig met ander mense. Dit wys wat in jou hart aangaan. En geniet die lewe – dis ’n fees!

Mariné Botha (48), Port Elizabeth,

OosKaap

Om groot te droom en nooit op te gee nie. Saskia Le Roux (25), Grabouw, WesKaap

Ek lag altyd en is positief. Ek wens dat my seun ook altyd positief sal wees, sal lag en liefdevol sal wees. Dorothy Modiba (25),

Mankweng, Limpopo

’n Liefde vir sing, dans en musiek. Yolandi Theron (34), Brackenfel­l, WesKaap

Die genot van braai in die veld, met ’n lekker wintersonn­etjie wat op jou bak saam met hartsmense en om die eenvoud van die lewe te waardeer. Francel Burger (33),

Upington, NoordKaap

Geen uitdaging is te groot nie, jy is tot alles in staat deur God wat jou die krag daarvoor gee. Geniet elke oomblik saam met jou hartsmense ten volle!

Elmarize du Plessis (31), Upington,

NoordKaap

Sien altyd die goed in almal raak. Mense verdien ’n tweede kans, want almal maak foute. Jana du Plooy (42), Kempton Park, Gauteng

Uithouverm­oë en respek vir jou medemens. Elizabeth Wilskut-Sampaya (41),

Kaapstad, WesKaap ●

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa