Baba & Kleuter

DOKTERS WAT KLEITRAP

-

Anelle, my tweede kind, is nou 41 jaar oud, maar ek deel graag hierdie boodskap met ander ma’s.

Ons jongste dogter het amper agt maande lank geskree! Ná vele dokters en dié se gesegdes (“Nou kan jy respek kry vir wat jou ma met jou grootmaak moes verduur”), het ons uitgevind dat die arme kind blaasinfek­sie het. Dis sleg as jy weet daar is iets fout, want ek kon die pyn in haar huil hoor.

As gevolg van die konstante pyn en wakker bly, het Anelle op vyf maande gekruip en op sewe maande van die vloer af opgestaan en geloop!

Toe sy tussen sewe en agt maande oud was, het ’n dokter op Stellenbos­ch ons verwys na een van die beste kinderspes­ialiste in die Kaap. No name no pack drill, soos hulle sê, en daar daag ons toe by die spesialis op toe Anelle amper agt maande oud is. Sy stap na hom toe, hy maak een van sy onderste laaie oop en daar sit sy en speel met die goedjies in die laai. Hy vra uit en ek vertel. Hy luister en sy finale antwoord is: “Jou kind ly aan ernstige ADHD en sal sub A nooit deurkom nie.”

Ek lag in my binneste en vra hom om asseblief ADHD te beskryf. Die simptome word genoem: byna geen konsentras­ievermoë nie; hulle skrik erg vir harde geluide.

Kom ons bly by hierdie twee. My antwoord was: “Dokter, hoe lank sit sy nou al stroopsoet en speel met die dinge in jou laai? Dit is al meer as 20 minute, en vir ’n agt maande oue baba is dit ’n taamlike lang tyd. Tweedens, hou haar nou dop.”

Terwyl ons haar dophou, klap ek my hande kliphard teen mekaar en op sy lessenaar. Anelle kyk op van waar sy met die items in die laai speel, glimlag en kyk weer af om verder te speel.

Toe roep ek haar, tel haar op en sê vir die dokter: “Ek is na jou gestuur omdat jy een van die beste kinderspes­ialiste in die Kaap is. Wat ’n mors van my tyd! Moenie dit eens waag om vir ons ’n rekening te stuur nie, want ek weier om dit te betaal.”

Die dokter wat my na hom gestuur het, het my gevra om terugvoer te kom gee. Ek is sommer dadelik na sy spreekkame­r op Stellenbos­ch. Hy neem Anelle, haal haar doek af en toets haar urine.

Et voilà! Die kind het toe die hele tyd blaasontst­eking. Elke keer wanneer haar koors styg, kry sy net genoeg antibiotik­a om die kwaai pyn te verdoof en ná ’n paar weke begin die stryd weer. In agt maande het nie een dokter my kind se urine getoets nie! ANTOINET TE THERON, S TELLENBOSC­H, WES - K A AP

 ??  ?? Anelle Blanckenbe­rg (hier 7 maande) was as baba siek met blaasinfek­sie. Haar ma het geweet iets is verkeerd, maar dit het lank geduur voor die dokters die probleem reg kon diagnoseer.
Anelle Blanckenbe­rg (hier 7 maande) was as baba siek met blaasinfek­sie. Haar ma het geweet iets is verkeerd, maar dit het lank geduur voor die dokters die probleem reg kon diagnoseer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa