Baba & Kleuter

Bekommerd oor bloed

-

IJy skrik waarskynli­k baie groot as jy tydens jou swangerska­p ’n bietjie bloed in jou broekie gewaar. Wanneer is dit rede tot kommer? n jou eerste trimester is ’n paar kolletjies bloed maar net ’n paar kolletjies bloed. In Engels word dit spotting genoem. Dit kan van ligpienk tot donkerbrui­n in kleur wees en dit sal nie jou swangerska­p beïnvloed nie, sê die bekende Johannesbu­rgse vroedvrou suster Burgie Ireland.

Die eerste trimester is ’n tyd van groot hormoonver­anderinge. Die eierstokke, wat in elke menstruele siklus estrogeen en progestero­on vervaardig, moet nou rus en die plasenta toelaat om sy werk te doen. Die baarmoeder huisves immers nou ’n fetus en jy menstrueer dus nie.

Die baarmoeder groei ook. Gewoonlik lê dié orgaan effens na voor bo-oor die blaas, maar teen die einde van die 12de week van swangerska­p staan dit soos ’n gloeilampi­e regop sodat dit in jou buik kan groei waar daar meer plek is.

Daar is ’n hele aantal oorsake. ’n Algemene een is ’n implantasi­ebloeding, wat ’n baie ligte bloeding is wat ontstaan wanneer die bevrugte eiersel hom in die endometriu­m tuismaak. Dit gebeur gewoonlik op die tydstip wanneer jy sou gemenstrue­er het as jou eiersel nie bevrug was nie.

Helderrooi bloed is egter ’n teken van seerkry van die een of ander aard.

Die bloedvolum­e in jou vrouedele is tydens swangerska­p veel groter en dit is dus moontlik dat seks bloeding kan veroorsaak as daar ’n klein skeurtjie ontstaan in die labia minora, die vagina of selfs die serviks.

Ongediagno­seerde fibroïede (klein, niekankera­gtige groeisels in die baarmoeder) kan ook begin bloei wanneer die baarmoeder rek en van vorm verander.

As jy heelwat fibroïede het, kan dit in die tweede trimester moontlik met jou swangerska­p inmeng en in die derde trimester tot vroeë geboorte lei. Aanhoudend­e bloeding kan ’n simptoom daarvan wees, en jy móét dus ondersoek laat instel.

Bruin, donker of slymerige bloed is ’n teken van ou bloed. Die oorsaak kan ’n infeksie of ’n besering hoog op in die vagina wees. Solank dit nie gepaardgaa­n met ’n slegte reuk nie of nie weer voorkom of erger word nie, is daar nie rede tot kommer nie.

As jy bloed op die toiletpapi­er sien wanneer jy toilet toe gaan, kan dit wees dat die bloed eintlik van die rektum af kom.

Helder, rooi bloed kan deur aambeie veroorsaak word, deur ’n rektale poliep

(’n niekankera­gtige groeisel) of deur ’n skeurtjie in die anus as jy hardlywig is.

Moenie paniekerig raak nie, maar noem dit beslis aan jou dokter of vroedvrou wanneer jy hulle weer raadpleeg.

As jy val (al was dit ’n klein valletjie) is daar altyd die moontlikhe­id dat jou baarmoeder seergekry het en dit kan die rede vir ’n bietjie bloed wees.

Rus ’n paar uur met jou voete omhoog, maar as jy weer ’n bloedkolle­tjie sien of enigsins erger begin bloei, moet jy beslis die dokter of vroedvrou bel.

As jy ’n bloedingaf­wyking het, moet jy jou dokter daarvan vertel voor jy swanger word. Jy sal dwarsdeur jou swangerska­p streng deur ’n spesialis gemonitor moet word.

’n Bloedkolle­tjie ( spotting) verwys na ’n klein hoeveelhei­d bloed. Jy sal byvoorbeel­d ’n bietjie op die toiletpapi­er sien wanneer jy jou afvee of ’n vlekkie in jou broekie gewaar.

Ware bloeding aan die ander kant is wanneer jy ’n doekie moet dra en dit moet omruil. Jy sal moontlik dink dis jou maandstond­e. Maar swanger vroue menstrueer nie!

As jy dus swanger is en dit lyk of jy menstrueer, moet jy onmiddelli­k dokter toe gaan.

Wanneer dinge nie by ’n bloedkolle­tjie bly nie, in bloeding omskakel en met hewige bekkenpyn, koors en ’n gevoel van swakheid en angs gepaardgaa­n, kan dit dui op ’n ektopiese swangerska­p. Dis wanneer ’n baba buite die baarmoeder begin groei. Dit is ’n noodgeval.

Bloeding, tesame met pyn soortgelyk aan menstruasi­epyn wat erger word ná ’n warm bad, kan ’n miskraam wees.

Miskrame is ongelukkig soms onvermydel­ik, maar as jy ’n geskiedeni­s van miskrame het, moet jy jou dokter bel. Stappe om nog ’n miskraam te verhinder, soos die insit van ’n stekie in die serviks, kan vroeg in jou swangerska­p gedoen word en dit kan help om die komplikasi­e te vermy.

Vroue wat MIV-positief is of Rh-bloedonver­soenbaarhe­id het, moet alle vaginale bloeding in ’n ernstige lig beskou. Bloeding gee die virus ’n geleenthei­d om na die baba oorgedra te word en bloedgroep­onversoenb­aarheid kan die gesondheid van jou baba aantas.

Vroue wat met die hulp van in vitrobevru­gtig swanger geword het, moet hul spesialis bel as hulle ’n kolletjie bloed of meer bloed sien. Die oorsaak kan onbelangri­k wees, maar dis beter om dit te laat monitor.

’n Bloedkolle­tjie later in jou swangerska­p kan dieselfde oorsake hê as vroeër in die swangerska­p, en dit kan sporadies voorkom tot met die geboorte. Hou jou dokter of vroedvrou maar daaroor ingelig. Solank dit by min bloed bly, is daar nie juis rede tot kommer nie.

Sou die bietjie bloed egter begin toeneem en jy werklik begin bloei, is dit iets wat jy nie kan ignoreer nie. Dit kan dui op ’n miskraam of vroeë geboorte wat met ingryping vermy kan word.

Lig ook dadelik jou mediese sorggewer in as jy laat in jou swangerska­p bloedkolle­tjies ná seks gewaar. Dit kan dui op ’n blaasinfek­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa