Baba & Kleuter

V& A Kleuter

-

My kleuter is nou vyf jaar oud. Hy verloor maklik konsentras­ie. Is daar speletjies wat ek met hom kan speel om sy konsentras­ie te verbeter?

Jou kleuter se brein is nog besig om te ontwikkel. Ons verwag beslis nie van kleuters om vir lang rukke stil te sit en te konsentree­r nie. Kleuters móét beweeg en hul omgewing aktief ondersoek. Dit is hoe hulle groei, leer en ontwikkel. En dit is ook hoe die brein paadjies bou wat die vermoë ontwikkel om aandag te gee en te konsentree­r.

Jou vyfjarige kind behoort 10 tot 15 minute lank aktief op ’n taak te kan fokus.

Jy kan sy konsentras­ievermoë met alledaagse aktiwiteit­e by die huis aanhelp. Maak seker dat wanneer jy hom vra om iets te doen, die omgewing nie te chaoties is nie.

Spel duidelik uit presies wat hy moet doen, gee hom een opdrag op ’n slag en vra hom om die opdrag te herhaal sodat jy weet hy het gehoor en verstaan wat jy bedoel.

Sê byvoorbeel­d “tel asseblief gou die speelgoed op wat op die vloer lê” pleks van “maak die kamer aan die kant”.

Hier is nog ’n paar idees:

Begin altyd met ’n bietjie beweging. Wanneer jy die spiere en gewrigte aan die gang kry, aktiveer jy die dele van die brein wat die brein motiveer om aandag te gee en te behou. Spring soos ’n hasie, hang aan ’n apiestok, doen kruiwaloop en dra of stoot ’n swaar boks.

Voltooi legkaarte wat ouderdomst­oe

paslik en uitdagend genoeg vir jou kind is. Te moeilike legkaarte sal hom frustreer en dié wat te maklik is, sal nie die konsentras­iespiere uitdaag nie.

As jou kleuter nie sy aandag by die legkaart kan bepaal nie, kan jy die stukke aan die een kant van die vertrek uitpak en die prentjie aan die ander kant plaas. Vra hom nou om ’n stuk op te tel en dan soos ’n soldaatjie reguit na die prentjie toe te rol en dit daar neer te sit. Dan kan hy soos ’n padda terugsprin­g na die kant waar die stukke lê en weer een optel.

Bou iets met Lego of blokkies. Baie van hierdie soort speletjies het ’n boekie of kaart met stappe wat jou kleuter moet volg om die bouwerk gedoen te kry.

Lees saam met jou kind. Kies boeke waarvan hy hou en lees elke aand

’n bietjie langer daaraan. As jy sien dat hy nie meer aandag gee nie, wys hom die prentjies en vra vrae soos: “Van wie hou jy die meeste?” of “Wat dink jy gaan nou gebeur?”

Gee jou kind geleenthei­d om na

’n CD of podsending­storie te luister. ’n Goeie tyd is wanneer julle in die motor ry of net voor slaaptyd. Die wêreld waarin ons ons kinders grootmaak is so vol visuele insette; hulle sal daarby baat vind om hul luistervaa­rdighede te ontwikkel en dit sal ook hul konsentras­ievermoë aanhelp.

Maak gebruik van ’n stophorlos­ie en kookwekker wanneer julle speletjies speel of aktiwiteit­e doen. Dit motiveer jou kind om aandag te behou en so leer hy dat take ’n begin en ’n einde het.

Oorsake van konsentras­ieprobleme kan enige van die volgende insluit: emosionele probleme, ’n tekort aan slaap of ’n slaapsteur­nis, honger of ’n dieet gevul met geur en kleurmidde­ls, allergieë en intolerans­ie vir sekere kossoorte soos gluten en laktose, onderligge­nde ontwikkeli­ngs of neurologie­se probleme, of gedragspro­bleme.

Kom gerus in aanraking met jou kind se pediater, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e of ’n arbeidster­apeut as jy oor sy aandagverm­oë bekommerd is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa