Baba & Kleuter

Ek is kosbaar

-

Hoe rus jy jou kind toe met ’n selfbeeld wat haar laat blom en haar teen die lewe se aanslae sal beskerm?

Wanneer mense in hulleself glo, het hulle die eerste geheim van sukses onder die knie, het dr. Norman Vincent Peale – skrywer van

– gesê. Maar terwyl kenners wêreldwyd die waarde van ’n goeie selfbeeld beklemtoon, bly dit ’n uitdaging om ’n kind daarmee toe te rus.

’n Kind dink van haarself wat die mense in haar onmiddelli­ke omgewing van haar dink – of liewer, wat hulle haar laat glo hulle van haar dink, skryf die arbeidster­apeut Marga Grey in haar boek

(Metz Press).

Marga sê die belangriks­te voorwaarde­s vir ’n gesonde selfbeeld is die gevoel dat jy êrens hoort en gelief is, dat jy waarde het en iets beteken, en dat jy bevoeg is en oor die vermoëns beskik wat van jou verwag word.

Karen van Zyl, ’n maatskapli­ke werker en spelterape­ut by die Pikaniniba­baakademie in Johannesbu­rg, stem saam. “Selfbeeld ontwikkel as die kleuter voel sy is gelief en in staat om te doen wat van haar verwag word – dus deur positiewe terugvoer.”

Kinders het van nature selfvertro­ue en pak elke nuwe taak vol daarvan aan, sê Karen. “Babas en peuters hou hulle daarmee besig om nuwe dinge te leer sonder dat hulle eens dink aan selfbeeld en hul suksesverm­oë. Volwassene­s kan wel ’n kind se selfbeeld opbou of stelselmat­ig afbreek.”

Babas se selfbeeld ontwikkel wanneer hulle vertroue in jou het omdat jy hul basiese behoeftes bevredig, maar groter kinders is onafhankli­ker.

Peuters en kleuters ontwikkel hul selfbeeld deur te leer om dinge vir hulleself te doen deur voorwerpe te vat, te proe en te manipuleer, selfs al mag hulle dit nie doen nie.

Soms kan hierdie nuutgevond­e onafhankli­kheid ’n peuter baie baasspeler­ig en hardkoppig maak. “Nee!”, “myne!” en “self!” word deel van hul woordeskat.

Deur dus ’n omgewing te skep waarin jou peuter veilig kan eksperimen­teer, verbeter jy haar selfbeeld, sê Karen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa