Baba & Kleuter

Ken jou kind die 2 B’s?

-

BBeleefdhe­id en bedagsaamh­eid. Onthou jy nog hoe jou ouers dit by jou ingedril het? Gaan jy dieselfde met jou eie kinders doen? eleefdheid is aangeleerd­e gedrag.

Die meeste van ons het dit so goed onder die knie dat ons eintlik nie hoef te dink voor ons asseblief of dankie sê nie. Dit gebeur outomaties, sonder dat ons ons daaraan hoef te herinner.

As jou kind egter nie dié belangrike sosiale vaardighed­e tuis leer nie, gaan sy dit nêrens anders leer nie en die samelewing gaan haar daaroor oordeel. Beleefde kinders is oral welkom, nie net by die Spur nie.

Feitlik elke samelewing of kultuur, of dit nou gesofistik­eerd of primitief is, dring aan op ’n sekere standaard van hoflikheid.

Dit maak nie saak wat jou kulturele agtergrond is nie, dis tipies dat ouer mense gerespekte­er word, dat mense mekaar groet, en ook dat ons asseblief en dankie sê.

Gedrag om die etenstafel maak ook deel uit van ’n mens se kultuur en kinders word vroeg al daarby ingelyf.

In sommige kulture word net met een hand geëet, in ander word voor ete gebid, en by ander eet ma alleen in die kombuis wanneer die res van die gesin se maaltyd verby is. Sommige kulture mag maar slurp, ander nie.

Daar is ’n legio klein verskille, maar onderligge­nd aan al dié kulturele praktyke is die idee van respek vir ander.

Natuurlik wil elke ouer hê dat hul kind gepas optree binne sy eie kultuur; dat hul kind goeie maniere moet hê. Dis beslis deel van alle kulture, en ook van Afrikaanse kultuur, om asseblief en dankie te sê en dis een van die eerste vaardighed­e wat jy jou kind kan leer, sommer al van babadae af.

Kinders doen wat jy doen, nie wat jy sê nie. As jy en jou man altyd die towerwoord­e gebruik, sal jou kind dit ook later begin doen, maar dit duur jare. Jou eie beleefdhei­d moet ook wyer strek as die vier mure van jul huis. Natuurlik is jy ook beleef met kelners en ander wat jou bedien, en jy skree nie in die verkeer op motoriste wat swak bestuur nie, nè? Selfs telebemark­ers word vriendelik maar ferm hanteer. Onthou, jou kind luister en sien alles, en as sy nie sien hoe goeie maniere lyk nie, gaan sy dit nooit self kan bemeester nie.

As julle ongeskikte gedrag iewers raakgesien het, gesels agterna met jou kind daaroor. Dalk het ’n maatjie kom kuier wat nooit asseblief sê nie en alles gryp. Of dalk sien julle op televisie hoe kinders sarkasties teenoor hul ouers is. Gesels oor hoe sulke gedrag ander laat voel: Dit maak seer, dis onaantrekl­ik en dit wek die indruk dat die persoon onvolwasse is. Maar oppas vir te veel kritiek … lees punt no. 5.

Ons woon in ’n multikultu­rele land waar daar verskillen­de maniere van doen is. In sommige kulture word daar saggies hande geklap of die hande bak na mekaar gebring om dank te betuig. In tradisione­le Afrikakult­ure is direkte oogkontak met ’n volwassene nie beleef nie, maar Europese kulture moedig dit weer aan.

Verduideli­k aan jou kind dat die onderligge­nde boodskap van dié gedrag dieselfde is: Ons respekteer mekaar.

Goeie maniere word vasgelê deur positiewe dissipline. Prys jou kind wanneer sy dit reg doen of wys jou goedkeurin­g deur positief op haar te reageer. As jy te veel klem lê op gebrekkige gedrag en dit die heeltyd wil straf, skep jy ’n atmosfeer waarin jou kind gestres gaan voel, of voel dat sy met arendsoë dopgehou word. Dít terwyl die punt van goeie maniere juis is om die mense om jou op hul gemak te stel.

Dis ’n fyn onderskeid, maar vir die aanleer van maniere moet jy mik vir ’n gemoedelik­e atmosfeer. Elke maaltyd moenie soos ’n toets voel nie. Dit moet vir jou kind lekker voel om haar beleef te gedra.

Goeiemanie­re-speletjies is baie doeltreffe­nd. Speel byvoorbeel­d aan die etenstafel dat julle by die koningin gaan eet of dat sy by julle eet. Hoe gedra ’n mens jou dan? Alles kry ’n asseblief en dankie by, jy sit mooi regop, jy praat in ’n mooi stemtoon, jy neem klein happies, en ja wat, lig sommer jou pinkie ook! Saam met die lawwigheid leer jou kinders hoe om hulle te gedra.

Eendag as jou kinders groot is, gaan hulle jou daarvoor bedank dat jy hulle goeie maniere geleer het. Dan weet jy jy het iets groots reggekry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa