Baba & Kleuter

Speel soos in die oudae

-

Hou hierdie 10 tradisione­le kinderspel­etjies aan die lewe deur dit aan jou kinders bekend te stel. Al wat nodig is, is ’n grasperk en vars lug.

’n Koning word gekies. Hy staan ’n hele ent af van die ander spelers, wat in ’n lang ry staan en na hom kyk.

Die kinders vra op die ry af vir die koning: “Koning, koning, mag ek op reis gaan?”

Die koning antwoord ja of nee na gelang van hoe hy voel. As hy ja sê, kry sy onderdaan ook sy reisvoorwa­ardes: “Jy mag op reis gaan met twee paddaspron­ge/drie spoege ver/’n skêrsprong/twee wawiele ...”

Wie eerste by die koning uitkom en aan hom raak, is die volgende koning.

Hier gee Simpel Simon vir jou opdragte wat jy moet uitvoer, maar tussenin word opdragte gegee wat nie van hom af kom nie en as jy dit doen, is jy uit. Byvoorbeel­d: “Simpel Simon sê: Steek uit jou tong. Haal jou hand van jou kop af.” Teen dié tyd staan jy op jou een been met jou hand op jou kop en ’n uithangton­g en as jy jou hand van jou kop afgehaal het, is jy uit, want Simon het nie gesê jy mag nie!

Trek twee sirkels op die grond, een bo die ander, en teken ’n lang reghoek bo die boonste sirkel. Deel die reghoek in twee. Trek weer ’n sirkel, weer ’n reghoek, weer twee sirkels en dan die groot “oumase-maag”-sirkel.

Elkeen wat saamspeel, kry ’n pand. Dit kan ’n klippie of stukkie glas of iets wees wat jy maklik kan gooi en maklik kan uitken. Elkeen kry ’n beurt om te speel. Jy gooi jou pand in die eerste sirkel en spring dan op een been bo-oor die sirkel waarin jou pand lê tot in die tweede sirkel, twee voete in die reghoek, een elke kant, een been in die volgende sirkel en so hou jy aan tot jy by ouma-se-maag-kom, waar jy met twee voete land en omdraai.

Op pad terug doen jy dieselfde, maar jy stop op een been voor die sirkel waarin jou pand is, tel die pand op en spring weer oor die sirkel uit.

Jy mag nie op die strepe trap nie, jy mag nie met twee voete gelyk in ’n blok land nie ( behalwe in ouma-se-maag) en jy mag ook nie land in die blok waarin jou pand is nie.

Sodra jy klaar is, is dit die volgende een se beurt. Dis ook ’n baie lekker speletjie om alleen te speel.

Kinders word in twee groepe gedeel. Die een groep is die krappe en die ander krewe. Hulle vorm twee rye wat teenoor mekaar staan, gereed om weg te hardloop. Een persoon staan voor die twee rye en skree “krappe” of “krewe”. As hy “krappe” skree, moet die krappe weghol en die krewe moet probeer om soveel moontlik van hulle te vang. Dié wat gevang is, gaan dan oor na die krewe toe, of andersom. Die pret kom by die skree, want die woord word so uitgerek (“krrrrrrrrr …”) dat die groep nie kan raai wat geroep gaan word nie.

Almal sit in ’n ry en iemand fluister iets in die een langs hom se oor. Die luisteraar moet goed luister, want die woord mag nie herhaal word nie en hy moet dit weer in die volgende oortjie fluister. Dis soms skreeusnaa­ks as die laaste een hardop sê wat hy gehoor het en dit verskil dramaties van die eerste woord wat gefluister is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa