Bad­tyd, drink­tyd, droom­land

Baba & Kleuter - - INHOUD - COET­ZEE TERÉSA DEUR

swaar­oor een­din­gi

As daar ,is­dit dat saam­stem hê. ken­ners slaap­roe­ti ne moet ’n ba­ba ’n jou­spruitm eer ou en

Dit­maakj rse­ker­da t jul­le nneen­ve ont­spa Maar­hoe e­grus in­kry. al­bei­ge­no et so ’n roe­ti­ne? be­gin­jym

Hoe­wel ba­bas ’n groot deel van hul le­we om­slaap, is die mees­te pas­ge­bo­re­nes se slaap­si­klus maar taam­lik wis­sel­val­lig. Par­ty slaap be­dags heer­lik maar is s­nags wa­wyd wak­ker. Na­ma­te hul­le ou­er word, ver­an­der hul slaap­be­hoef­tes en ook hul slaap­si­klus.

Daar’s ge­luk­kig heel­wat wat jy kan doen om jou ba­ba se slaap­ge­woon­tes te be­ïn­vloed en van vroeg af ’n slaap­roe­ti­ne te kweek. Dit hoef nie ’n baie ri­gie­de roe­ti­ne te wees nie, want ba­ba gaan sy roe­ti­ne wil aan­pas na­ma­te hy nu­we ont­wik­ke­lings­fa­ses be­tree.

Hier is voor­stel­le wat jou ba­ba – en jou – sal help om ’n goeie nag se slaap in te kry.

0-3 MAAN­DE

Wan­neer moet ’n mens met ’n slaap­roe­ti­ne be­gin? Die ant­woord is voor die hand lig­gend: so­dra jou ba­ba in die dag te lank aan­een slaap en s­nags ge­reeld wak­ker word. Dit ge­beur meest­al ie­wers in ba­ba se eer­ste drie maan­de. As hy be­dags meer as s­nags slaap, be­te­ken dit hy ruil sy da­gen na­groe­ti­ne om.

Help hom om in die nag be­ter te slaap deur hom be­dags meer ge­reeld wak­ker te maak, soos el­ke drie uur vir ’n voe­ding.

As jy suk­kel om hom wak­ker te kry, haal eers sy kom­ber­sies af so­dat hy af­koel en sta­dig wak­ker word.

Laat dag­ en nag­voe­dings ver­skil. Be­dags kan jy hom in hel­der dag­lig voed ter­wyl stre­len­de klas­sie­ke mu­siek in die ag­ter­grond speel, en s­nags kan jy die ver­trek don­ker en son­der by­klan­ke hou.

Maar moet hom nie be­dags te min laat slaap in die hoop dat hy in die nag be­ter sal slaap nie. Dit werk nie!

WEN­KE

Moe­nie jou ba­ba se slaap­tyd­roe­ti­ne te laat maak nie en sorg dat dit el­ke dag op die­self­de tyd ge­beur. Soms sal jy nie daar­by kan hou nie, soos wan­neer jul­le gaan kui­er of kui­er­gas­te kry. Wees maar buig­saam en moe­nie ba­ba se roe­ti­ne in ’n an­der om­ge­wing aan hom op­dwing nie.

Be­gin met ’n kal­me­ren­de roe­ti­ne 30 tot 45 mi­nu­te voor slaap­tyd. Dit kan ’n bad in­sluit, en jy kan rus­tig saam met hom op die bed lê en sag­gies vir hom sing.

Gee sy laas­te voe­ding in die ka­mer waar hy gaan slaap. Hy sal waar­skyn­lik in jou arms aan die slaap raak; lê hom dan sag­gies in sy bed­jie neer.

Som­mi­ge ba­bas on­der drie maan­de het teen tien­uur ’n laas­te voe­ding no­dig voor hul­le vir die nag gaan slaap. Dit sal van­self ál vroe­ër plaas­vind na­ma­te hul­le ou­er word.

3-6 MAAN­DE

Op dié ou­der­dom kan die mees­te ba­bas s­nags 10 uur lank son­der ’n voe­ding klaar­kom.

Hou die tyd waar­in jul­le rus­tig raak kon­stant en die­self­de; ba­bas het hier­die voor­spel­baar­heid baie no­dig. Jou ba­ba sal nou tus­sen ses­ en agt­uur saans wil gaan slaap.

Sit hom in sy bed­jie ter­wyl hy nog nie diep slaap nie, maar wel vaak is. Dis baie be­lang­rik dat hy in hier­die sta­di­um leer om hom self aan die slaap te maak. Kin­ders ver­skil eg­ter en dis glad nie die ein­de van die wê­reld as hy dit nog nie reg­kry nie. Druk deur en moe­nie te gou moed ver­loor nie!

’n Ba­ba se slaap­si­klus is ge­woon­lik 40 tot 45 mi­nu­te lank. As dit is hoe lank hy be­dags aan­me­kaar slaap, is dit waar­skyn­lik al wat hy no­dig het.

WEN­KE

Stel hom bloot aan ge­lui­de ge­du­ren­de sy slaap­tye be­dags so­dat hy kan be­gin on­der­skei tus­sen dag­sla­pies en nag­sla­pies.

Ruil sy doek net voor jy hom die laas­te keer vir die nag voed so­dat jy hom nie weer vir ’n doek­rui­ling wak­ker hoef te maak nie. Ge­bruik goeie doe­ke wat die he­le nag lank hou.

Gee hom ’n sag­te mas­se­ring as deel van sy slaap­tyd­roe­ti­ne.

6-12 MAAN­DE

Dié ou­der­doms­groep re­a­geer baie be­ter op ’n vroeë slaap­tyd­roe­ti­ne. Ont­hou dat ba­bas wat oor­moeg is, s­nags meer ge­reeld wak­ker word.

Jul slaap­tyd­roe­ti­ne kan ses­uur saans be­gin, maar moe­nie ver­baas wees as hy sog­gens vyf­uur reeds kat­jie van die baan is nie!

WEN­KE

Ba­bas van hier­die ou­der­dom be­hoort nie s­nags wak­ker te word vir ’n voe­ding nie. Ver­min­der die hoe­veel­heid melk in sy bot­tel of be­perk die tyd wat hy s­nags bors­voed.

Maak se­ker hy is warm ge­noeg, maar ook nie te warm nie.

DIS MIDDERNAG EN BA­BA IS WAK­KER!

Pro­beer om nie jou ba­ba uit sy bed­jie te tel as hy in die mid­del van die nag wak­ker word nie. Vryf sy rug­gie, neu­rie sag­gies of tik hom lig­gies op sy boud­jies tot hy weer in­slui­mer.

As hy droog, skoon, nie hon­ger nie en ook nie siek is nie, kan jy hom el­ke nag ’n bie­tjie lan­ger laat huil voor jy na hom toe gaan. Wag eers vyf, dan 10 en ui­t­ein­de­lik 20 mi­nu­te voor jy na hom toe gaan, maar moet hom nie op­tel nie. Dit gaan waar­skyn­lik net ’n paar nag­te aan­hou voor hy in die roe­ti­ne kom om self aan die slaap te raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.